25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 12: Opvolggesprek met Hanlie

p623

509

510

511

512

513

514

515

516

517

518

519

520

521

522

523

524

525

526

527

528

529

530

531

532

533

534

535

536

537

538

539

540

541

542

543

544

toe hy jonk was. Onder andere hou hy ook ʼn reünie. Hy was op Ikeys op Universiteit.

Hy was ʼn mediese dokter, hy is ʼn spesialis, hoog, ander goeters... Nou maar hy het

daar gestudeer en nou probeer hy ʼn reünie reël met die studente was saam met hom

in daardie jaar was. En hy soek al die plekke op waar hy was. En hy ry weer met ʼn bus

en vertel vir sy seun alles oor hoe dit was. Gaan sit op ʼn bankie en vertel vir sy seun

hoe skuldig hy voel daarvoor. Hy gaan besoek mense in ʼn swart gebied en bely sy

skuld en praat met hulle daaroor, kan glad nie verstaan dat hulle so maklik kan sê

maar dit is nou verby, ons vergewe jou. Jy moet nou... ons waardeer dit dat jy hier is.

Dit is nie mense aan wie hy persoonlik iets gedoen het nie en jy moet nou aangaan

met jou lewe en so aan. Sy seun kan glad nie verstaan nie wat is dit met sy pa nie. Hy

sê dit het gebeur, almal het gesê hulle is jammer, jy het nou al ʼn honderd keer gesê jy

is jammer. Skud dit nou van jou af, kom ons gaan swem weer in die see by

Kampsbaai. Maak nou ʼn simboliese afwassing van hierdie goed sodat ons net weer

kan terug gaan na ons lewe toe na en na ons huis toe. Die vergadering met die reünie

mense is daar onder andere net een Afrikaanssprekende student, ʼn dokter wat ʼn

student was en wat toe vertel hoe verskriklik uitgesluit hy gevoel het, omdat al die

Engelse studente het ʼn groepie gevorm, die paar Joodse student het ʼn groepie gevorm

en hy was die enigste Afrikaans sprekende daar. En hy vind ʼn bietjie aansluiting by

hom en hulle vra vir mekaar om verskoning omdat hulle nie mekaar in ag geneem het

nie. En hy doen hierdie hele, ek wil amper sê, reis na Mekka of reis na Jerusalem,

hierdie hele reis om van sy skuldlas ontslae te raak. So ek dink by party mense,

miskien is hy ook kunstenaaragtig of wat ook al wat by mense soos die, ag wat is die

baie bekende man wat die voete gaan was het...

Albert: Dit is Adriaan Vlok.

Hanlie: Ja, Adriaan Vlok. Sommige mense wil ʼn sigbare ding doen om te kyk of hulle

daarvan kan onslae raak, of hulle daarvan kan wegkom. So ek dink seer sekerlik is

daar nog baie mense wat erns maak en wat skuldig voel. Ek dink weereens dat die

volgende geslag gaan vryer wees. Dit gaan werklik die vryheid wees van wat hulle dan

het in hierdie land of meer kan geniet.

Albert: Ek het ʼn vraag oor hoeveel mense, wit Afrikaanse Christene, het nou werklik

nou al skuld bely het, as ek daai word moet gebruik. Om op ʼn punt van hulle lewe te

kom en te sê as ek nou kyk na wat gebeur het in die vorige bedeling dan besef ek ons

het mense te na gekom. Wat net intellektueel vir hulle op daardie stadium net hardop

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!