25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p5

Dit is my hoop dat die volgende woorde van Müller (2000a:20) ook vir ons as navorsers

waar sou word: “Deur die verhaal te vertel aan simpatieke maar kritiese luisteraars, kon

ek self 'n nuwe storie oor my apartheidsverlede vertel wat my toelaat om aan 'n beter

toekoms te werk.” Die mate waarin dit met my en die mede-navorsers sou gebeur, sou

eers jare later sigbaar word toe die aanvanklike navorsing opgevolg is deur 'n verdere

studie met dieselfde groep mense. Hierin is die aanvanklike temas weer aan die orde

gestel en is daar gesoek vir moontlike verandering in die posisies van die medenavorsers.

3. Praktiese teologie

Suid-Afrika is tradisioneel bekend as 'n baie godsdienstige, en by name Christelike,

land. Die laaste amptelike sensus 6 waarin vrae oor godsdiens gevra is, was in 2001.

Tydens daardie sensus het slegs 15,1% van die bevolking aangedui dat hulle niegodsdiens

is (Statistics SA 2004:23). Hierteenoor het 75.5% hulleself tuis gevoel in een

of ander Christelike kerk en onder wit mense was die syfer so hoog as 80,7%

(Statistics SA 2004:24).

In die Vrystaat, waar hierdie navorsing onderneem is, is die persentasie Christene

onder die algemene bevolking 89.6% en onder wit mense 'n volle 91% (Statistics SA

2005:25). Hieruit is dit duidelik dat godsdiens, en by name die Christelike godsdiens, 'n

dominante faktor is om mee rekening te hou in hierdie navorsing. Van die kernsake van

die Christelike geloof is die opdrag om ander mense soos jouself lief te hê (Matteus

22:39) en ook om aan ander te doen wat jy graag wil hê hulle aan jou moet doen

(Matteus 7:12). Die onthullings wat by die WVK gemaak is, plaas onmiddellik hierdie

uitgangspunte onder verdenking. Voor 1994 het slegs wit mense stemreg gehad

waardeur hulle die politieke beleid van die land (help) bepaal het. Dit vraag kom nou

onwillekeurig op oor hoe hierdie wit mense dan gedink het oor die diskriminerende

beleid van apartheid in die lig van hulle godsdienstige belydenis.

Die navorsing word vanuit 'n prakties-teologiese uitgangspunt gedoen om juis die

diskrepansie tussen belydenis en praktyk, tussen leer en lewe te ondersoek. In die

navorsing maak ek gebruik van die insigte van talle akademici wat al hieroor geskryf

het, maar ek kies doelbewus 'n drietal wat in die onlangse verlede nuwe insigte na die

6 Die amptelike sensus in 2011 het geen vrae oor godsdiens bevat nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!