25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p185

4.1.3 “Dit was ʼn fout”

Alhoewel daar mede-navorsers is wat met ʼn baie beperkte definisie van apartheid

werk, is daar egter ook van die mede-navorsers wat anders na die saak kyk. Hier is dit

veral drie persone wat uitstaan in hulle mening, naamlik Elsa, Hanlie en Isak. Hulle het

die naaste kom aan Weingarten se geel, of selfs groen, kwadrant. Elsa [3-145] het in

1998 reeds gesê Ek dink apartheid het die swartmense heeltemal ver-

“ontmens” en in die 2012 navorsing gebruik sy steeds hierdie woord: Ek dink

apartheid... het mense heeltemal ontmens. Dit het van mense

diere gemaak, of goed. Hulle was nie mense nie. Ek dink dit is

die verskriklikste ding... [Elsa 9-238].

Hanlie het ook al destyds ʼn ruimer siening van apartheid gehad as die meeste van die

ander mede-navorsers. In die opvolggesprek praat ons oor afsonderlike ontwikkeling

waar een groep sy regte hier uitoefen en die ander groep dáár, waarop sy antwoord:

Dit is nie demokrasie nie, dit is nie demokraties nie. Dit is

vir my die grootste. Almal moet dieselfde regte hê en dieselfde

geleenthede hê en dieselfde moontlikhede hê [Hanlie 12-638].

Isak was die enigste man wat in die aanvanklike navorsing sterk uitgekom het met ʼn

omvattende siening van apartheid. Niemand was ten gunste van apartheid nie, maar

almal se siening daarvan was maar eg beperk. In ons gesprek stel Isak [14-201] dit

duidelik: Daar is nie ʼn manier hoe jy mense kan behandel soos ons

met die swart mense gemaak het nie. In sy geskrewe antwoord brei hy uit oor

sy verstaan van apartheid as hy praat oor die wegneem van jou menswaardigheid

(“dignity”), die tweedeklas burgerskap, die diskriminasie

op grond van my ras/velkleur... [Isak 16-164].

4.1.4 “Dit was ʼn fout, maar...”

Sommige sê die regte woorde, maar of dit konsekwent so bedoel word, is ʼn ope vraag.

Karin [18-086] skryf:

Apartheid het die vooruitsig (“hoop”) op algehele

ontwikkeling, veral vir die kinders beperk en in

sommige gevalle selfs uitgesluit. Dit het aanleiding

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!