25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p18

Die stad Welkom is die breinkind van sir Ernest Oppenheimer van Anglo American

(Froise 2004:73). Hierdie naam is later verander na AngloGold en tans staan hulle

bekend as AngloGold Ashanti. Met die ontdekking van goud in die Noord-Vrystaat in

die 1940’s is besluit om 'n nuwe dorp aan te lê vanwaar die goudmyn-aktiwiteite bedryf

sou word. Op 15 April 1947 gee die Provinsiale Raad toestemming vir die totstandkoming

van die dorp (Fleischer 1968:21).

Welkom is een van net 'n handjievol dorpe wêreldwyd wat eers op papier uitgelê is

voordat dit gebou is. Die stadsbeplanner William Backhouse benut die oorvloed ruimte

op die vlaktes van die Noord-Vrystaat en ontwerp 'n model-stad: “His vision was to

build an open city that would avoid congestion” (Sparks 2003:242). Van daar Welkom

se magdom beroemde verkeersirkels.

In dieselfde tyd dat die dorp aangelê word, sink Anglo American aanvanklik vyf

mynskagte, wat kort daarna deur nog vyf opgevolg is en toe 'n verdere drie. In sy

Kersboodskap in 1950 – die jaar toe die eerste skagte in produksie kom – noem

Oppenheimer hierdie groot ontwikkeling “probably the biggest single enterprise in the

history of our country” (Fleischer 1968:12). Die noodsaak vir so baie skagte is duidelik

as in gedagte gehou word dat die goud wat hier ontdek is, ses en 'n half onse per ton

erts beloop het. In metrieke mate is dit meer as 204 gram per metrieke ton. Dit was

eenhonderd keer ryker as die beste resultate van die Witwatersrand (Sparks

2003:241). Die aantal skagte sou in die daaropvolgende dekades nog dramaties

vermeerder, sodat Welkom in die 1970’s ongeveer 35% van Suid-Afrika se goud

geproduseer het (Sparks 2003:243).

Hierdie rykdom het ook neerslag gevind in die salarisse van die wit mynwerkers wat

gemiddeld tussen R8000 en R9000 per maand verdien het in 'n tyd toe die rand 40%

meer werd was as die VSA dollar (Sparks 2003:242). Die salaris van die gemiddelde

swart werker hierteenoor was 'n skamele R35 per maand (Sparks 2003:243).

Ongelukkig het die Vrystaatse Goudvelde, en daarmee saam Welkom, se verhaal nie 'n

onbelemmerde positiewe verloop nie. In 1992 het AngloGold, wat toe die wêreld se

grootste goudprodusent was, 22 diep-vlak skagte in Welkom bedryf. Nege jaar later het

hy vyf oorgehad. Sy 122 000 werknemers het verminder na 17 000 (Sparks 2003:239).

Volgens die amptelike sensus was daar in 1996 ongeveer 123 000 mense werksaam in

die mynbedryf in die Vrystaat, en teen 2001 slegs 44 000 (Statistics SA 2005:74).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!