25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p313

Die kwessie van regstellende aksie is nie ʼn eenvoudige een nie. Aan die een kant is

daar die baie oortuigende redes waarom so ʼn beleid noodsaaklik is in post-apartheid

Suid-Afrika. Aan die ander kant is daar stemme uit verkillende rigtings, van wit én

swart, wat ontevrede raak met die wyse waarop die beleid toegepas word. Verskeie

van die mede-navorsers [onder andere Danie 13-022 en Isak 14-022] het gewys op die

negatiewe gevolge wat die beleid persoonlik op hulle het.

ʼn Ene andries.pretorius (skuilnaam) reageer op Jongbloed (2012) se artikel. Sy

samevatting is waarskynlik die mening van meer mense as net hyself:

My persoonlike slotsom is dat die korrekte toepassing van

Regstellende Aksie geregverdig en aanvaarbaar is om bepaalde

regstellings in die Suid-Afrikaanse gemeenskap te maak. Maar, soos

wat Regstellende Aksie tans verkeerdelik toegepas word, is dit tog niks

anders as ʼn vorm van institusionele rassisme nie.

Die kerk sal uiteraard ook moet saampraat wanneer die beleid so toegepas word dat

die oorgaan in ʼn nuwe vorm van rassisme. Wat egter van ewe veel belang is, is die

pastorale versorging van lidmate wat deur regstellende aksie geraak word. Pieterse

(2009:267) skryf oor mense wat deur regstellende aksie geaffekteer word:

Indien ʼn mens nie in ʼn geestelik-geoefende persoonlike verhouding

met God staan nie, kan dit gebeur dat God se hoedanighede soos sy

liefde, goedheid en almag, wat op ʼn redelike abstrakte wyse geglo is,

nie meer sin maak nie.

Pieterse (2009:270) vra die vraag of die prediking “in hierdie veranderende konteks

regtig die nood van hierdie mense aanspreek”. Hy gaan selfs verder: “Nog ʼn vraag is of

ons predikers die erns van die situasie begryp” (Pieterse 2009:270). Hy sluit sy artikel

af met ʼn uitdaging aan die kerk:

Die vaderlike sorg van God vir sy kinders volgens die Skrif sal ook vir

die persoonlike omstandighede van mense geïnterpreteer en

geaktualiseer moet word vir die prediking in ons konteks van

regstellende aksie (Pieterse 2009:271).

Die kerk sal lidmate moet help om sinvol te leef in post-apartheid Suid-Afrika. Hier word

nie net verwys na die impak van regstellende aksie nie, maar veral na ʼn lewe van

versoening in die algemeen.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!