25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 4: Gesprek 4 (10 September 1998)

p469

550

551

552

553

554

555

556

557

558

559

560

561

562

563

564

565

566

567

568

569

570

571

572

573

574

575

576

577

578

579

580

581

582

583

584

Elsa: Vir my was dit die Antichris wat ons moes beveg, wat ons Christendom bedreig.

Johan: Dit was 'n verbode onderwerp in die eerste plek. Jy het nie daaroor gepraat nie.

Hanlie: Wat het in jou kop aangegaan as iemand gesê het "kommunisme"?

Johan: Ek het nie in die eerste plek gedink aan 'n ekonomiese stelsel nie.

Hanlie: Het ons nie almal gedink, deur ons NG Kerk ingegee, dit is iemand wat nie aan

God glo nie. 'n Kommunis is iemand wat nie in god glo nie. Negentig persent van die

kinders waarmee ek gepraat het in my hele skoolloopbaan, beteken kommunisme voor

"jy glo nie in God nie".

Albert: En vir my daarmee saam: 'n baie negatiewe konnotasie. Uiteraard as jy nie in

God glo nie sou dit vir ons as blankes Suid-Afrikaners negatief wees. Maar ek bedoel

die label kommunis. Sias het laas keer daarna verwys toe hy sê waar hy ry in

Wesselsbron met die swart vrou voor in die kar by hom en dan kyk die boere vir hom

uit hulle bakkies en dan sê hulle seker "daar ry 'n groot liberalis, kommunis."

Hanlie: Kommunisme het net een label gehad in SA, of net twee: dit was goddeloos of

die monster wat ons land gaan oorneem, dit was waaroor baie van ons jong seuns en

manne op die grens gaan veg het, terwyl hulle nie eers geweet het wat kommunisme

regtig is nie. Ek is nou nie baie lus om Karl Marx se Manifes te gaan soek en lees nie,

julle wat so oulik lees, kan dit gerus doen. Dit is nou net vir my nog een van die

wanopvattings waaronder ons grootgeword het en ons jongmense geleef het, en dit is

'n baie eensydige eng … Dis soos met alles, as jy nie kennis het van iets nie, as jy nie

werklik 'n studie gemaak het daarvan nie, en jy het maar net daarvan gehoor by

iemand, jou pa of jou ouma of jou oom kommunisme is van die duiwel af, 'n kommunis

glo nie in God nie, dan hou jy net die een feit-jie in jou kop en jy vergeet van al die

ander aspekte van kommunisme.

Danie: Dit is waarop die meeste mense hulle standpunte handhaaf. Ek sê vanaand vir

my vrou: Dis wat my irriteer as mense net praat oor dit wat hulle gehoor het. Sulke

halwe waarhede en dan maak hulle dit 'n volle waarheid.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!