25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p72

as 'n heersersvolk gesien. Die Israel-beeld het rassetrekke begin kry. Die algemene

onreg teenoor miljoene en die growwe skendings van menslikheid wat nou stuk vir stuk

uitkom, is teen dié agtergrond vergoelik” (Loader 1997:14).

In die voorafgaande paragrawe is aandag gegee aan die ontstaan van apartheid, aan

die positiewe en die negatiewe kant daarvan. Dit is die leefwêreld wat deur hierdie

beleid geskep is, en die eerste paar jaar van die nuwe bedeling, wat in die aanvanklike

navorsing aan die orde kom.

2.4 Agtergrond van 1998 se gesprekke

Die aanvanklike navorsing in 1998 is in ʼn tydperk van wydverspreide optimisme

gedoen. Slegs vier jaar vroeër is die eerste demokratiese verkiesing in die land gehou,

sonder dat dit tot die bloedbad gelei het waarvoor daar gevrees is. As in gedagte

gehou word dat dit in dieselfde tyd gebeur het as die menseslagting in Rwanda, is die

algemene gees van positiwiteit wat in daardie tyd geheers het, verstaanbaar.

In 1994, toe Suid-Afrika die oorgang na ʼn demokratiese bestel gemaak het, was

toestande nie so vreedsaam in die res van Afrika nie. Rwanda is ʼn klein land in die

ooste van Sentraal-Afrika. Die bevolking van sewe miljoen het bestaan uit meer as

85% Hutu’s en ongeveer 15% Tutsi’s. Die meerderheid van die bevolking is Katolieke

Christene. In dieselfde maand waarin Suid-Afrikaners na die stembus gegaan het vir

die eerste ten volle demokratiese verkiesing, April 1994, het daar ʼn volksmoord in

Rwanda uitgebreek.

In ʼn tydperk van ongeveer een honderd dae ná 6 April 1994 is ongeveer 800 000

mans, vroue en kinders in etniese geweld vermoor. Die meerderheidsgroep, die Hutu’s,

het ongeveer driekwart van die Tutsi-bevolking uitgewis (United Human Rights Council

2009:elektroniese bron). Terselfde tyd is duisende Hutu’s doodgemaak omdat hulle die

moorde teegestaan het, of as Tutsi simpatiseerders beskou is.

In Suid-Afrika is min kennis geneem van die gebeure in Rwanda. Suid-Afrikaners was

te vasgevang in die “miraculous events” (Wallis 1994:elektroniese bron) van hulle eie

land. ʼn Groot deel van hierdie wonderwerk kan toegeskryf word aan die gesindheid van

die eerste swart president Nelson Mandela. Hy het ʼn groot bydrae gelewer om vrese

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!