25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p93

internasionale rugbywedstryd wat in ʼn swart township gespeel is. Op 22 Mei 2010 het

die Blou Bulle teen die Crusaders in ʼn semi-finaal van die Super-14 rugbytoernooi in

die Orlando stadium is Soweto te staan gekom (Morgan 2010:elektroniese bron). ʼn

Week later was dit die Kaapse span, die Stormers, wat kragte gemeet het teen die Blou

Bulle in dieselfde stadion. Die positiewe ervaring van wit toeskouers wat vriendelik in

Soweto ontvang is, spreek boekdele van die waarde van hierdie geleentheid (Potelwa

2010:elektroniese bron).

Die een groot uitdaging in die post-apartheid Suid-Afrika is die versoening tussen wit

en swart. In sommige gevalle, soos hierbo beskryf, gebeur dit heel spontaan. Ander

kere weer gebeur dit glad nie. Soms is dit nodig om geleenthede vir versoening te

skep. Een so ʼn geleentheid was die oud-minister Adriaan Vlok se besoek aan

eerwaarde Frank Chikane. In die ou bedeling was Vlok die minister van Wet en Orde

en Chikane was die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke. In

die jare tagtig was daar ʼn byna-suksesvolle poging om Chikane te vermoor deur gif in

sy klere te sit.

Vlok het Chikane in sy kantoor gaan besoek en nadat hy vergifnis gevra het vir wat hy

gedoen het, water gevra en toe Chikane se voete gewas Oor die betekenis van die

voetewas het Vlok later (De Lange 2006) gesê: “Dit beteken ek gee myself prys. Ek

gee my trots prys, my eie ek, my meerderwaardigheid, my hoogmoed, my

liefdeloosheid en my selfsug.”

3.4 Oneerlik

In baie gesprekke oor toestande in die sogenaamde nuwe Suid-Afrika is daar ʼn

hunkering na die vorige bedeling, ʼn verlange na die tyd van apartheid. Dis nie

noodwendig ter wille van die diskriminasie nie, maar dis ʼn heimwee na die

sogenaamde goeie ou dae, na ʼn tyd toe toestande in die wit woonbuurte baie anders

was as nou. Wit mense se lewens was verwyderd van die lewe in die townships. In wit

buurte was daar wet en orde, die paaie was heel en die water- en kragtoevoere was

betroubaar. Die mense met wie wit mense normaalweg in aanraking gekom het, was

waarskynlik ook wit. Dit wat in swart mense se lewens gebeur het, kon buite die wit

wêreld gehou word deur net sekere koerante te lees (indien enige) en net na televisiekanale

te kyk wat die wit wêreld weergee. Dit was asof wit Suid-Afrika in ʼn veilige

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!