25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p226

wees wat versoening definieer nie en wil voorskryf wat reggestel moet word nie. Daar

sal na die slagoffers van apartheid geluister moet word: “Overall, 46% of South Africans

agree that reconciliation is ‘impossible’ while people who were disadvantaged under

apartheid continue to be poor. A further 33% were uncertain or did not know, while only

17% feel reconcilition is possible under these circumstances” (Lefko-Everett, Nyoka &

Tiscornia 2011:31).

Die vraag wat egter gevra moet word, is of die Kerk vir sy lidmate hierin ʼn voorbeeld

stel? Loop die Kerk voor in belangrike sake, soos skulderkenning en belydenis en

versoening, en indien wel, volg die lidmate die Kerk hierin?

4.5 Die Kerk

Ek het ʼn pleitbesorger daarvoor geword dat die Ned Geref Kerk sy

skuld aan die apartheidsbestel onomwonde moet bely en ook die forum

van die Waarheids-en-Versoeningskommissie daarvoor moes benut.

Ek het meer as een van my rubrieke (“Kerk en Media”) in Die Kerkbode

gebruik om hierdie standpunt te stel. Toe die Algemene Sinodale

Kommissie nie so ʼn besluit wou neem nie, was ek diep teleurgesteld en

het ek besluit om die Ope Brief wat onder predikante gesirkuleer het, te

teken. Daarmee het ek uiting gegee aan my diepgevoelde behoefte om

my skuld aan die apartheidsideologie te bely (Müller 2000a:23).

Na die dood van die diktator Idi Amin in Uganda, het kerkleiers in die buurstaat, Kenia,

die volgende verklaring opgestel: “Ons bely dat ons te dikwels stilgebly het toe ons

eerder met die lydende en vervolgde mense op die kontinent van Afrika en spesifiek in

Uganda moet vereenselwig het. Al wat nodig is om boosheid te laat floreer, is dat goeie

mense moet stilbly” (aangehaal in Van Rensburg 2009:61). Dit is ook die woorde van

Kerk en Samelewing 1990: “Die Ned Geref Kerk erken egter dat hy te lank die beleid

van apartheid op grond van bogenoemde oorwegings te abstrak en teoreties, en

daarom ook te onkrities beoordeel het” (Ned Geref Kerk 1990:39).

Piet Meiring vertel van ʼn besoek van die Rwandese ministers in Januarie 1997 om uit

te vind oor die WVK. In Rwanda, na die slagting in 1994, “was alles aan skerwe.

Geraamtes het oor die vlaktes gelê.” Volgens alle bronne is dit ʼn besonder Christelike

land, met 85% van die bevolking wat aan ʼn kerk behoort. Teen hierdie agtergrond vra

Meiring dan vir die minister van justisie: “Watter rol het die kerke gespeel terwyl dit alles

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!