25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p54

Die meerderheid van die mede-navorsers kom uit 'n bogemiddelde sosiaalmaatskaplike

groep. Die meeste van hulle is professionele beroepsmense. Dalk sou 'n

ander groep mense se verhale dramaties anders gewees het, maar daaroor kan ek my

nie uitspreek nie. Dit sou die onderwerp van 'n ander navorsingsprojek kon wees. Ook

wat die aantal deelnemers aanbetref sou verdere navorsing die verhale van ʼn groter of

selfs kleiner groep mede-navorsers kon versamel. ʼn Kleiner of groter groep se

interaksie sou dalk ander verhale na vore laat kom het. Of die verhale in wese veel

anders sou wees, kan ek nie op hierdie stadium sê nie.

Die navorsing is in terme van die beskikbare tyd beperk tot sekere kwessies. Dit

beteken noodwendig dat ander uitgelaat moes word. 'n Ander navorser sou deur te

fokus op ander kwessies 'n verdere bydrae tot die korpus van kennis kon maak.

Laastens moet ook gemeld word dat die navorser se eie tekorte ook kon bygedra het

tot die beperkte waarde van die studie. Met meer ervaring sal beter gesprekke gevoer

kan word wat dalk beter resultate sou kon lewer.

11. Hoofstuk-uiteensetting

Hierdie eerste hoofstuk het 'n oorsig gegee oor die probleem. In Lamott (1995) se taal

was dit die aksie (action) wat aanleiding gegee het tot die navorsing. Dit verduidelik

waarom die situasie my aangespreek het en hoe ek te werk gegaan het om dit te

ondersoek. Hier is ook uitvoerig aandag gegee aan die paradigma, epistemologie en

metodologie van die navorsing en 'n beskrywing van die plasing binne die praktiese

teologie.

In hoofstuk twee word die agtergrond (background) van die navorsingsprobleem

ondersoek. Die hoofstuk verduidelik “what was going on before the opening of the

story” (Lamott 1995:62). Hier word gekyk na die apartheidsagtergrond waarteen die

navorsing afspeel, die ontstaan en bedryf van apartheid in Suid-Afrika en die rol van

die NG Kerk daarin. Daar word ook gekyk na wat reeds op die terrein van die praktiese

teologie gepubliseer is oor apartheid en die nuwe Suid-Afrika. Twee belangrike fasette

wat aandag kry is Weingarten (2002) se model van (on)magtig en (on)bewus en

Rendle (2009) se Roller coaster of change.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!