25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 1998)

p444

584

585

586

587

588

589

590

591

592

593

594

595

596

597

598

599

600

601

602

603

604

605

606

607

608

609

610

611

612

613

614

615

616

617

618

619

620

in daai comfort zone gewees, want jy het goedkoop arbeid in die huis, in die myne, jy

het alles wat jy wil hê. Die wêreld is vir ons gemaak.

Isak: Hoe lank gaan ons nou nog loop met die skuldgevoel? Gaan ons, soos iemand

gesê het, soos 'n bobbejaan sit en al jou derms uitgrawe hieroor? Die grootste stuk

bevryding vir my is, behandel die mense nou as jou gelyke. Hulle moet dit verwerk.

Maar lank moet ons mense nou aanhou om ons te verwyt daaroor?

Mike: Die aanhou is nie die probleem nie, wat is die gevolge daarvan? Die gevolge van

die swartes se ondergedruktheid was dat hulle 'n swak selfbeeld gehad het. As ek en jy

mekaar so afkraak en sê ons was darem so sleg, en so sleg, dan gaan ons naderhand

so 'n swak selfbeeld hê dat ons naderhand die onderdrukte volk sal word. Ons kritiseer

onsself nou so vreeslik om so min van onsself te dink, want ons het hulle dan nou so

sleg behandel. Ons is nou so bleddie wreedaards. Wat gaan jy aan die einde van die

dag doen? Wat gaan jy word.

Albert: My probleem lê nie daar nie. My probleem lê by die ou wat in sy lewe nog nooit

sê daar was 'n probleem met apartheid nie. Vir die blanke wat net doodeenvoudig sê,

apartheid was miskien 'n fout gewees, maar dis nou oor en verby. Ek het geen

voordeel daaruit gehad nie. Ek het niks om oor sleg te voel nie. En hy gaan maar net

so aan. Dis vir my 'n groter probleem. Iewers langs die pad moet 'n mens dit ten minste

een keer sê.

Hanlie: Ek het 'n idee, dat die hoeveelheid blankes in die land so min is, dat die

klompie wat nou nog sê soos wat jy nou gesê het, vir die swart mense nie veel van 'n

probleem is nie, want hulle is so min mense. Maar wat my pla, is dat ek gereeld in die

koerante nou nog lees dat hulle nie genoeg vertroue het in mense wat maak of hulle

vreeslik jammer is nie. Hulle moet 'n lang pad eers saam met jou loop voor hulle jou

"glo". Dan wil ek weer vir jou aanhaal wat Adam Small sê "moenie vir jou misgis in die

Engelse pers as jy 'n pragtige koerantuitknipsel sien van 'n blanke geestelike met wat

swart kindertjies omhels nie, moenie sonder meer dink dit is christelike liefde wat daar

verkondig word nie – dit mag deel wees van die bedrog".

Mike: Dit bring ons terug na wat ons voorheen gepraat het van rassisme, die werklike

haat van rasse teenoor mekaar. Dit word nie verander deur beleid nie, daai rassisme is

ingebore. Ek ken mense wat vandag nog sê, ek is 'n Christen, ek stem nou ANC, maar

intussen haat hy 'n swarte met 'n intense haat.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!