25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p241

maar dit maak nie wit ongemak met regstellende aksie minder nie. Die

probleem is dat wit mense aan iets anders gewoond was.

Ten opsigte van die bekommernis van wit mense oor kinders wat nie

kan werk kry nie, sê die ANC se James Ngculu (aangehaal in Lefko-

Everett, Nyoka & Tiscornia 2011:25): “In the past, the colonial and

apartheid regimes operated on institutionalised inequality in South

Africa, specifically by race. For us within the African National Congress

(ANC), the need for measures to reverse the consequences of these

policies and encourage greater equality were self-evident.”

Of die regering se regstellende beleid die gewensde uitwerking het, bly ʼn ope vraag.

Die mede-navorsers reken dat dit onrealistiese verwagtinge by baie swart mense

geskep het wat nie waar geword het nie [George 15-368]. Karin [18-134] noem dit ʼn

suksesvolle mislukking as gevolg van die onbevoegde persone wat aangestel

word. Hierdie standpunt word ondersteun deur Kadalie (aangehaal in Fisher 2007:107):

“When we appoint blacks, we set them up for failure. We do not train them...”.

Die ander groot bekommernis van die mede-navorsers is dat slegs sommige swart

mense bevoordeel word deur regstellende aksie en dat dit dikwels misbruik word om

sommige enkelinge te bevoordeel. Uit swart geledere blyk daar ʼn koor van

protesstemme te wees, juis teen hiérdie aspek van regstellende aksie. Een van hierdie

stemme is Phatekile Holomisa, die president van Contralesa 36 wat die volgende sê:

When you talk about black empowerment, this refers to a few

individuals who have benefited and become like whites. They don’t

change that environment to ensure that as many of our people as

possible can share from the wealth that they have (aangehaal in Fisher

2007:108).

In sy boek Fault lines skryf die bekroonde joernalis en outeur van sewe boeke David

Goodman (1999:350) dat niks wesenlik verander het nie. Daar is wel ʼn groter swart

elite, maar niks het verander aan armoede nie. “The most dramatic and visible

economic changes in South Africa have been confined to the top strata of society. A

black elite is taking root under the guise of ‘black economic empowerment.’” Dan gaan

36 Contralesa = Congress of Traditional Leaders of South Africa.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!