25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p19

Welkom se beste dae was verby en die effek is op alle vlakke gevoel: “Even some

churches have closed” (Sparks 2003:239).

In 2003 skryf Sparks (2003:246) “Welkom’s golden age... is over and it is entering a

new and much tougher economic phase...”. Dit is in hierdie tyd dat Marjorie Froise

Welkom kies om haar navorsing oor Christenskap in Suid-Afrika te doen: “The City of

Welkom is neither heavily urbanised nor rural and it is felt that Welkom represents a

microcosm of the country of South Africa and that the research findings reflect a crosssection

of the values of most South Africans” (Froise 2004:72). As Welkom dan ʼn

mikrokosmos van Suid-Afrika is, is dit juis ʼn ideale plek om hierdie navorsing te doen.

As een van die leraars van die NG Gemeente Welkom-Suid, het ek in 1998 'n oop

uitnodiging in die gemeenteblad geplaas waarin alle belangstellendes uitgenooi is om

deel te word van 'n gespreksgroep oor apartheid en die lewe in die “nuwe” Suid-Afrika.

'n Afskrif van hierdie uitnodiging is ingesluit in hierdie verslag as Bylaag 19. Ek het ook

'n aantal persone in die gemeente persoonlik genader om hulle uit te nooi na die

gespreksgeleenthede. Dertien persone het vir die gesprekke opgedaag. In hierdie

navorsingsverslag verwys ek op verskillende maniere na hierdie mense, soms as (lede

van) die groep, ander kere as deelnemers (Ebersöhn, Eloff & Ferreira 2007:8) en

hoofsaaklik as mede-navorsers (Mouton 2001:63) soos die gebruik in 'n sosiaalkonstruksie

benadering is. Hierdie terme word as wisselterme gebruik en geeneen het

'n waarde-voorrang bo die ander nie.

Die aanvanklike groep mede-navorsers het mans en vrouens ingesluit. In ouderdom

het hulle gewissel van 37 tot 85 jaar. Die gemiddelde ouderdom was 49 jaar en die

mediaanwaarde was 48 jaar. Daar was vier egpare in die groep asook twee

wewenaars en een geskeide persoon. Wat beroepe aanbetref was daar – in geen

spesifieke orde nie – ʼn huisvrou, ʼn aantal maatskaplike werkers, ʼn aantal persone in

die onderwys, drie uit 'n tegniese beroepsveld, ʼn pensioenaris en ʼn verpleegkundige.

Elke deelnemer het ʼn toestemmingsbrief geteken waarin toestemming gegee is dat die

gesprekke opgeneem en getranskribeer mag word en vir navorsing gebruik mag word.

ʼn Voorbeeld van hierdie brief is as Bylaag 20 aangeheg. Beperkte biografiese inligting

van elke deelnemer verskyn in Bylaag 21 sonder om hulle identiteite bekend te maak.

In 2011, toe hierdie navorsing reeds op ʼn gevorderde stadium was, het die

Departement Praktiese Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat ʼn riglyn

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!