25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 14: Opvolggesprek met Isak

p658

403

404

405

406

407

408

409

410

411

412

413

414

415

416

417

418

419

420

421

422

423

424

425

426

427

428

429

430

431

432

433

434

435

436

437

438

439

en sulke goed nie eers ter sprake nie. Ons het nie swart vriende nie, ons het baie min

wit huisvriende, maar as jy gaan kyk na die nuus dan lyk dit nie of daar versoening is

nie. As jy gaan kyk na Malema dan lyk dit nie of daar ooit versoening gaan wees. En as

jy luister na die ouens... nou die dag praat iemand oor die Suidlanders ek weet nie of jy

van hulle weet nie. Wat ʼn sad case jy weet. Want ek meen, ek het vir nou vir my ʼn

groter motor gekoop, maar ek sou nie ver weggekom het met my Corsa en die trailer

nie as die pawpaw die fan slaan nie. Maar as jy na daai ouens luister gaan daar ook

nie versoening wees nie, hulle nag van die lang messe, jy weet. So as jy na al hierdie

bangmaakstories luister, gaan daar nie versoening wees nie, maar daar waar ons werk

is daar.

Albert: As ʼn ou in die dorp loop, kyk die hele dorp lyk nou anders as wat hy twintig jaar

terug gelyk het. Ek voel in ʼn groot mate voel ek heel gemaklik. Dit is nie asof ek

bedreig voel nie. Sekere dele van die dorp is nou nie ons plek nie, want daar is swart

mense daar wat dinge anders doen en so aan, en jy is by verre die minderheid daar.

Maar selfs daar voel ʼn ou nie bedreig nie.

Isak: Jy weet, kyk daar by die poskantoor... ons gebruik maar die poskantoor hier

onder in St. Helena. Dit is kleiner en ons het so ʼn klein spaarrekening daar en toe kom

daar ʼn bejaarde vrou daar en sê sy was laas by die poskantoor in die dorp en hulle het

haar handsak gegryp en gesteel. My blootstelling is so... ek stap met gemaak buite om

die dorp. Ek sal nie aanbeveel my vrou moet alleen daar gaan stap nie. Wat dit

aanbetref, jy sien dit is nou maar deur my blootstelling, ons het ek was tot in 2006 was

ek redelike betrokke by die hokkie. Ek het ʼn hele hokkie ontwikkelingspan gehardloop

uit my huis uit, en my kantoor uit, van twintig skole van Welkom tot in Kutlwanong,

Thabong en in Bronville en in Virginia in daardie township daar gehad het. Op die ou

einde was tot ʼn duisend kinders betrokke gewees. Ons het in weeksaande wat hulle

indoor hokkie gespeel het, het ek en [my vrou en dogter] wat nog op skool was, het ons

elfuur op die aand het ek drie tot vier swart ouens in die kar gehad en ek het hulle in

die verste hoeke van Thabong gaan aflaai. Daai bedreiging voel ek nie, ek meen dit is

nie vir my... Ek bedoel ons het nou die dag toe ons die waterpunt moes skuif vir die

wedloop, sê ek vir J, verduidelik net vir hierdie mense op die ander kampus waar is

hierdie plek. En ek sê toe dit is in hierdie straat, dit is reg lang die Polisie dit is reg waar

Lebogang skool is toe sê hulle we know exactly where the place is. Maar versoening

op grondvlak dink ek is ʼn bietjie moeilik want dit gaan oor gesindhede. Totdat jy die

politici hoor. Totdat die ouens praat oor regstellende aksie en daar is nog te veel

maatskappye wat nie deel is nie, en oor die grond. Die plaasboere is gedurig onder

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!