25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 6: Gesprek 6 (27 Oktober 1998)

p513

698

699

700

701

702

703

704

705

706

707

708

709

710

711

712

713

714

715

716

717

718

719

720

721

722

723

724

725

726

727

728

729

730

731

732

733

734

Hanlie: Jy het net-nou gevra hoe moet 'n mens dit doen. Ek dink dat die leiers sterk

moet standpunt stel, en is daar miskien blootstelling. Miskien is dit omdat ons nie

geleentheid gehad het in die verlede om te meng met Christene van ander kleure nie,

miskien moet ons juis uitgaan van die standpunt dat ons sulke dae of byeenkomste

moet reël, wat vrywillig bygewoon word deur ons gemeente se mense, waar ons dan

ander mense nooi om te kom, en hoe meer ons dan blootstelling het en met mekaar

kommunikeer, dink ek sal dit tog dalk 'n invloed hê. Miskien moet ons van

anderskleurige predikante gebruik maak wat Afrikaans is, want daar is wel tog pragtige

mense wat net so 'n wonderlike diens kan doen. Ek voel dat die apart hou, ek het baie

begrip vir wat hy gesê het van die taal en die formaat van die diens, die manier waarop

dit gedoen word, maar daar is tog maniere waarop 'n mens meer blootstelling aan

lidmate kan gee om hulle soort van gewoond te maak dat hulle kan agterkom, daar is

nie so 'n verskil nie, daar is nie so 'n verskil tussen die dinge waarvoor ons bid nie,

daar is nie so 'n verskil tussen die dinge wat ons nodig het nie, my emosionele

toestand is miskien te wyte daaraan, ons het vanmiddag 'n memorial service gehad vir

'n Standerd sewe kind wat homself geskiet het, en ek het gesit en kyk na die familie.

Daar is nie 'n verskil in die smart en die seerkry en in die hartseer en die ma-wees of

pa-wees nie. Ons het te min blootstelling.

Albert: Weer die ding van die twee wêrelde waarin ons lewe wat gelukkig nader aan

mekaar kom, maar nog ver vanmekaar af is.

Hanlie: Ek weet nie hoe gaan die mense reageer as hulle Sondag-oggend in die kerk

inkom en jy het 'n swart ds. wat preek nie. Ek weet nie hoe gaan hulle reageer as twee

kerke besluit ons doen 'n spesiale diens vanaand, want was vir my ook baie erg was, is

ek het altyd gegaan na die afsluiting van die Pinksterdienste wat dan NG kerk afsluiting

was. En die hoeveelheid wit mense wat gekom het was baie min, en wat my erg gepla

het, die predikante wat dit bygewoon het was geweldig min en in baie gevalle het

sommige gemeentes hulle aanddienste gekanselleer maar dan is die afkondiging

byvoorbeeld gemaak, daar is 3 uur 'n diens, by dit en dit se gemeente, maar ons finale

afsluiting van ons reeks, vind nog vanaand om 7 uur plaas. Ek het gedink dit was

verkeerd gedoen, dan sien ek omtrent 5 mense uit ons gemeente en dan sien ek nie

ons predikante nie.

Mike: Ek wil net gou antwoord op die vraag, wat kan die kerk doen. Hier sit ons, ons is

sewe mense, en ek dink nie twee van ons stem saam oor dieselfde ding nie, oor alles.

Ons sal oor punte verskil, dit is logies ook. En wanneer die kerk wil voorskryf, volgens

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!