25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p108

die sitting van die Algemene Sinode in 2004 word vir ʼn “ruim huis” benadering gepleit

“waarin plek gemaak word vir almal in die familie ten spyte van die verskille wat

bestaan” (Kruger & Hofmeyr 2009a:140). Tydens die skryf van hierdie verslag staan die

huis egter steeds leeg al is daar al baie gedoen om die huis leefbaar en aantreklik te

maak.

Die groot probleem rondom eenwording, of dan die hereniging van die kerke van die

NG Kerk familie, is primêr die aanvaarding al dan nie van die Belydenis van Belhar.

Hierdie belydenisskrif is in 1982 in konsepformaat, en in 1986 in finale vorm as

amptelike belydenis saam met die ander die Formuliere van Eenheid aanvaar deur die

Sinode van die destydse NG Sendingkerk. Dit vorm ook deel van die belydenisgrondslag

van die VGKSA. Die Belydenis van Belhar (Ned Geref Sendingkerk 1986)

bestaan uit vyf onderafdeling, maar die aandag word gewoonlik gevestig op die

middelste drie temas, naamlik “die eenheid van die kerk in Jesus Christus” as “gawe en

opdrag”, die “boodskap van versoening in en deur Jesus Christus” en “geregtigheid en

vrede onder mense”. Die eerste deel oor geloof in die drie-enige God “wat deur sy

Woord en Gees sy kerk versamel, beskerm en versorg” en die laaste deel oor

“gehoorsaamheid aan Jesus Christus as enigste Hoof” moet saam met die ander dele

gelees word (Cloete & Smit 1984).

Die Algemene Sinode besluit in 1998 (Ned Geref Kerk 1998:422) dat “die Belydenis

van Belhar op sigself genome nie met die Drie Formuliere van Enigheid in stryd is nie”.

Tog blyk dit dat (die lidmate van) die NG Kerk nog nie gereed is om Belhar as

belydenisskrif te aanvaar nie. Sedert die besluit van 1998 was daar uit verskeie oorde

besware geopper. Vanuit ʼn meer populêre perspektief is dit gewoonlik die

ontstaansgeskiedenis wat onder die loep kom. So skryf Raubenheimer (2008:17) dat

sommige “buitelandse kerke, jonger lidmate en selfs jong predikante van die NG Kerk”

dalk die belydenis mag ondersteun, maar “[d]it moet egter óók begryp word dat die

Belydenis van Belhar nie aanvaarbaar is vir die meerderheid NG lidmate wat bekend is

met die ontstaansgeskiedenis van en die ‘slae’ wat dié belydenis hulle toegedien het

nie”. Van Wyk (2009:elektroniese bron) sluit hierby aan as hy sê dat die Belydenis van

Belhar “nie net polities geïnspireerd is nie, maar ook deur die Verenigende Geref Kerk

(VGK) gebruik word as ’n stok om die NG Kerk mee by te kom.” Hierteenoor skryf

ander, soos Botha (2008:elektroniese bron), dat die belydenis nie “met die etiket van

Bevrydingsteologie afgemaak word” sonder om die hand van die Here daarin te

verreken nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!