25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p247

die woord van God. Hulle het volgens die wil van

apartheid geleef, nie volgens die Woord van God nie.

Die Bybel is gedraai om net apartheid te verdedig

[Albert 3-877].

In die lig van hierdie beskuldigings moet die rol van die NG Kerk op pad na die toekoms

beoordeel word. Tesame met dit wat reeds hierbo oor die NG Kerk gesê is, is daar

veral twee sake wat relevant is vir die NG Kerk vir die toekoms. Die eerste is die rol wat

die NG Kerk speel in post-apartheid Suid-Afrika, en die tweede is hoe die NG Kerk

lidmate begelei om te lewe in die veranderde situasie in die land.

Dit is veral Elsa en Frans wat baie negatief is oor die rol van die NG Kerk. Ek wil

net sê dat die twee mense wat hier sit, wat jy in hele ander

hoedanigheid geken het, gaan glad nie meer kerk toe nie. Nee,

ons gaan glad nie meer kerk toe nie [Frans 9-747]. Beide van hulle was op

ʼn stadium kerkraadslede wat baie betrokke was in die werksaamhede van die NG Kerk.

Die rede vir hulle standpunt is duidelik uit hulle antwoorde op die vraag of die NG Kerk

ʼn rol speel in versoening: Nee hulle doen nie [Frans 9-754] en Ek glo nie

regtig so nie [Elsa 9-756]. Sy beskryf die Kerk as ʼn klub waar jy nie hoor dat

apartheid ʼn euwel was nie. Dis asof niks daar verander het nie. Die NG Kerk is

“oop” maar daar is steeds nie bruin of swart mense daar nie, die gesindheid is

nog nie oop nie [Elsa 9-786]. Oor versoening sê Frans [9-760]: En as die kerk

nie voor loop nie, en die mense wat nog in die kerk glo wat nog

gaan, en gelyk maak nie... So ek glo nie die kerk speel ʼn rol

nie. Ek dink die kerk trap water.

Hanlie het jare gelede reeds haar bande met die NG Kerk verbreek. Isak, Danie en

Linda het ʼn meer charismatiese gemeente opgesoek waar daar volgens Danie [13-422]

nie dieselfde blatante rassisme is as in Welkom-Suid Gemeente nie. Dis tog

ironies dat wanneer hy vertel van die natgereënde swart boemelaar wat in die erediens

instap, hy sê die oorgrote meerderheid van die mense het gemaak dat

hulle wegkom... [hulle wil] tog net nie betrokke wees nie [Danie

13-394].

Oor presies hoe die onreg van die verlede reggestel moet word, is daar oor geen

duidelike antwoord nie. Mike [10-359] verwoord dit so: omdat die dominees gesê

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!