25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p224

In my gesprek met Isak verwoord ek my bekommernis oor skuld in

hierdie woorde: Ek dink rondom die skuld is daar vir my

twee gevare. Die een is wat jy ook nou noem, so ʼn

verlammende skuld dat ons vir die res van ons lewe

met geboë skouers moet loop en ʼn kop wat hang en

hande wat jy wring oor ons is nou so skuldig oor wat

ons verkeerd gedoen het. Dit is die een uiterste wat

ek dink nog ʼn groot probleem kan wees omdat dit

verlammend inwerk. Die ander gevaar vir my is dat

mense bloot net sê maar dit is nou verby, kom ons

beweeg aan, sonder dat hulle self op ʼn punt gekom het

om vir hulle – self al is dit nie voor iemand anders

nie – vir hulleself te herken daar was iets fout met

apartheid [Albert 14-233].

Dit is asof wit Christene nog nie geleer het oor die bevryding wat vergifnis bring nie.

Danie [13-554] haal Romeine 8:1 aan wat lui dat: Daar is dus nou geen veroordeling vir

dié wat in Christus Jesus is nie. Sy vrou Linda [13-507] ondersteun hom hierin: En as

jy vergifnis gekry het, dan het jy mos nou vergifnis... Ek moet

vergifnis van God kry. Dit is die belangrikste en later as jy voor

God vergifnis gevra dan is dit mos nou klaar [Linda 13-517]. En tog stel

dit hulle nie in staat om openlik te bely dat apartheid sonde was nie.

Suid-Afrika het gekies om die WVK-pad te loop, om kwytskelding te verleen in ruil vir

die waarheid. En daar was inderdaad verskeie voorbeelde van buitengewone vergifnis.

Piet Meiring (1999a:126), self betrokke by die WVK, vertel die verhaal van Matthew

Goniwe se seun wat die voormalige polisie-beampte Eric Taylor omhels en sê: “You

murdered our father. But we forgive you!” En Ewald van Rensburg (2009:43) vertel ʼn

soortgelyke verhaal van ʼn sewentigjarige vrou wat ʼn polisie-beampte, die moordenaar

van haar man en seun, vergewe – en dan val die polisieman flou.

Sommige sal reken dat die WVK dus alle wit mense kwytgeskeld het van enige skuld

oor apartheid. Dit is egter ver van die waarheid. As Jooste en Oosthuizen (1998:28)

skryf oor die tragedie van die Anglo-Boere-oorlog en die strewe na versoening tussen

Boer en Brit na die oorlog, is hulle gevolgtrekking dit: “Slegs één les is daar wel te leer

uit een van die tragiese hoofstukke in ons geskiedenis, en dit is dat die weg na

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!