25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p161

Villa-Vicencio (1993:86) sit sy vinger op die probleem as hy jare terug al

sê: The problem is that most whites are simply unexposed to the lot of

black people in this country. They are fed each day on propaganda, told

what to believe and brainwashed into believing that the poor have

brought their poverty onto themselves.”

Dit is daarom te verstane dat wit mense nie weet van die lyding of bekommernisse van

swart mense nie. Dis maklik om te beweer dat jy mislei is, maar is dit die volle verhaal?

Is daar nie meer aan nie? Ek is van mening dat Bosch (1992:3) dalk reg is wanneer hy

skryf: “Our most terrible guilt is that of which we are ‘unaware.’ We pretend not to see,

not to know, but there is no excuse – it is this pseudo-innocence that sends us into

eternal punishment.”

6.4 “Dinge het tog verander”

Die vierde groep besware teen die onthullings van die WVK handel oor die idee dat

dinge in Suid-Afrika tog baie verander het oor die afgelope aantal jare. By die medenavorsers

is daar ʼn (soms onuitgesproke) erkenning dat baie dinge nie reg was in die

tyd van apartheid nie, maar dat dit uitgekanselleer word deur die goeie wat die wit

regering teweeggebring het.

Volgens Weingarten (2000) se verdeling is hier sprake van ʼn matige verskuiwing uit die

swart blok. Wit mense het teësinnig erken dat apartheid dalk nie ʼn volmaakte stelsel is

nie. En terselfdertyd het hulle ook erken dat hulle wel mag het om dit te verander deur

hulle stemreg. Hulle voer aan dat die beleid wel oor tyd geskuif het en meer

toegewings aan die ander bevolkingsgroepe gemaak het.

So beweer Johan [3-708] byvoorbeeld in een van die gesprekke: Al het jy

Nasionaal gestem, het jy nie elke keer vir dieselfde ding gestem

nie. Hy voer aan dat elke vier of vyf jaar wat die wit mense kans gehad het om te

stem jy gedink [het] ons is op die regte pad daarom stem ek weer

vir hulle [Johan 3-710]. Daar was blykbaar genoeg vooruitgang in die beleid van

die regerende party om telkens weer vir hulle te stem.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!