25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p20

daargestel ten opsigte van ingeligte toestemming van deelnemers aan navorsingsprojekte.

Hierdie dokument is as Bylaag 22 aangeheg. Die dokument het te laat gekom

vir gebruik in hierdie navorsing. Ek is egter oortuig daarvan dat Bylaag 20 volledig aan

die gees en bedoeling van die Departement se riglyne voldoen, al sou dit nie in alle

detail presies daarmee ooreenstem nie. Tydens die eerste gesprek het die medenavorsers

ook ooreengekom op ʼn stel reëls vir die gesprekke. Vergelyk in hierdie

verband [1-203] en verder. Saam met Bylaag 20 is daar dus voldoende beskerming

aan die mede-navorsers gebied.

6.1 Aanvanklike navorsing

Die mede-navorsers het elkeen 'n skuilnaam gekry om hulle identiteite te beskerm. Die

skuilname is toegeken in die volgorde waarin hulle aan die woord gekom het.

Aangesien ek eerste gepraat het, het ek vir myself 'n skuilnaam gegee wat met die

letter “A” (Albert) begin het. Die persoon wat tweede gepraat het se skuilnaam begin

met 'n “B” (Ben) en so verder aan met die alfabet. Ek het vir myself ook ʼn skuilnaam

gegee al was dit streng gesproke nie nodig nie. Dit was ʼn doelbewuste keuse om my

gelyk te stel met al die ander mede-navorsers. In die transkripsies wat aan die groep

uitgedeel is na elke gesprek, is alle deelnemers gelyk – almal word net aan skuilname

geken en geeneen het ʼn voorrang bo ʼn ander nie; enige vorm van magspel is daardeur

geneutraliseer. Vir die mede-navorsers was ek dus ʼn gelyke vennoot en nie die

dominee wat met ʼn groep lidmate ʼn proses deurloop nie. Die mede-navorsers kon in

die transkripsies hulle vorige bydraes sien en daarop kommentaar lewer in die

volgende gesprek. In die woorde van Conde-Frazier (2012:236) “People who were

previously objects of study become active subjects and participants.”

Enkele kere word daar ook verwys na persone wat bloot met ʼn voorletter aangedui

word. Omdat hulle rolle beperk is tot een of moontlik twee verbygaande verwysings,

word hulle nie verder gedefinieer nie.

In die transkripsies van die gesprekke is enige identifiseerbare besonderhede soos

werkgewers en werkplekke verwyder ter wille van die anonimiteit van die medenavorsers.

Volledigheidshalwe word die transkripsies van die gesprekke op die

ingebinde CD beskikbaar gestel in elektroniese formaat as Bylaag 1 tot 8. Die nommer

van die Bylaag stem dus ooreen met die nommer van die gesprek. Dit is ook waar van

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!