25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p329

is dié navorsing van groot waarde vir die praktiese teologie.

Hierdie navorsing kan vir die NG Kerk van waarde wees. Die gebrek aan insig in die

effek van apartheid, moet vir die Kerk ʼn kritiese element wees vir die strategiese

bedieningspraktyk. Die NG Kerk loop die risiko dat sy amptelike besluite al hoe verder

verwyderd kan raak van die lidmate. Om dit teë te werk, sal lidmate al meer betrokke

gemaak moet word by van die besluite van die Kerk.

My eie bydrae aan die NG Kerk sou kon wees in die vorm van ʼn akademiese artikel

waarin hierdie navorsing aan ʼn breër leserspubliek bekendgestel word. Van selfs nog

meer praktiese waarde sou ʼn aantal populêre artikels wees in tydskrifte of koerante wat

deur die lidmate van die Kerk gelees word.

12.2 Beperkings

Geen navorsing van hierdie omvang is sonder tekorte nie. Ter wille van deursigtigheid

en ter wille van toekomstige navorsers, word ʼn aantal faktore kortlike uitgelig.

Die samestelling van die groep bepaal uiteraard wat gedoen kan word. Die medenavorsers

vir hierdie studie was almal van ʼn bepaalde ouderdom en uit ʼn sekere

sosiale vlak. Dit was ʼn doelbewuste keuse, maar ander groepe sou dalk ander

narratiewe gelewer het. So sou ʼn soortgelyke ondersoek met baie jonger medenavorsers

ʼn heel ander stel verhale op tafel plaas. Hiermee saam kan ook gevra word

of die opvolgnavorsing nie meer effektief sou gewees het as dit in groepsverband

plaasgevind het nie.

Die keuse vir die tydperk van veertien jaar sou ook anders gekies kon word. ʼn

Soortgelyke studie sou byvoorbeeld na die volgende Algemene Sinode gedoen kon

word waarin die volgende rondte oor Belhar verreken sou kon word. Die sogenaamde

nuwe Suid-Afrika is nie eenduidig nie. Daar is verskillende fases waardeur die land al

gegaan het, en nog sal gaan. Op ʼn politieke vlak kan verwys word na die tydperke van

die verskillende presidente. Op kerklike terrein vermoed ek sal die rol van Belydenis

van Belhar ook nog duidelike tydperke aandui. Daar sou moontlik in die toekoms ook

ander dramatiese gebeure kon wees wat sinvolle afsnydatums vir verdere navorsing

sou kon bied.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!