25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998)

p491

624

625

626

627

628

629

630

631

632

633

634

635

636

637

638

639

640

641

642

643

644

645

646

647

648

649

650

651

652

653

654

655

656

657

658

659

660

op, by die polisie, verpleegkunde, by die onderwys, orals waar dit aan mens se lyf raak.

Ek sê nie dat dit alles per se reg is nie. Dit is wat besig is om te gebeur.

Albert: Twee vrae daaromtrent. Wat sou, as ons vanaand swartmense gehad het wat in

die wit stoele gesit het (goedige gelag van die groep), wat sou hulle gesê het van dit

wat jy nou gesê het, wat sou hulle belewenis gewees het van regstellende aksie na

apartheid en sou hulle ook so geoordeel het as ons. Sou hulle anders geoordeel het,

dalk minder in terme van kleur. Dit klink vir my of die dilemma nie gaan oor kleur nie,

maar oor bekwaamheid. Die ander vraag is, as ons nie so iets soos regstellende aksie

gehad het nie, wat was ons dan anders as die ou bedeling, behalwe in naam?

Johan: Regstellende aksie behoort op meriete gebaseer te word. Het ons nou al

daaraan gedink, ek lees dit nou die dag toevallig, hierdie wetgewing – laat ek eers dit

sê: Ons het gedink en aanvaar dat die nuwe regeerders sou leer uit die hartseer van

die verlede, wat alles op ras gebaseer was – nou, wat gebeur nou met die nuwe

wetgewing, dit word alles op ras gebaseer. Want hoe kan hulle nou 'n ou bepaal vir

Employment Equity as hulle nie sê jy is 'n witte, of 'n swarte of 'n Indiër nie. So wat leer

ons nou uit die verlede. Dit sluit aan by hierdie ding van dit maak baie van ons blankes

weerstandig alhoewel jy met ernstige intensies wil vorentoe gaan in die nuwe SA is jy

absoluut net negatief, inteendeel daar is nie lesse geleer uit die verlede nie.

Karin: Ek wil graag 'n grappie vertel, sy kom die oggend in en haar hare is mooi gevleg.

Ek sê, jitte maar jy lyk mooi, ja sê ek kort nog net skin lightener, dan kan ek vir die

parlement gaan staan, ek het 'n diploma en matriek en die ander het nie eers nie. En

sy skater dit uit van die lag. Ons het dit vreeslik geniet. Sy sien dit ook raak, dat van die

ministers wat ons kom besoek, het nie eers die bekwaamheid en die intelligensie nie.

Elsa: Ek sou graag 'n klip in die bos wil gooi. As ons 'n paar jare teruggaan toe die

Afrikaner aan bewind gekom het hier in ons land, het daar ook regstellende aksie

plaasgevind. Ons het vir die Afrikaner werk geskep in die staatsdiens en orals. Ek

meen toe was dit goed, want dit was tot ons voordeel, ek is seker as mens sou praat

met die meer Engelsgesinde regime van daardie tyd, sou hulle voel soos wat ons nou

voel, want hierdie boere weet niks nie, hulle is nie behoorlik opgelei, hulle kry nou al

hierdie poste. Ons praat nog steeds vanuit 'n bevoorregte posisie. Ons praat so omdat

ons nie regtig graag iets wil afstaan nie, maar as ons in die swart mense se posisie

was, sou ons heel anders gevoel het, want dan was ons in die ontvangposisie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!