25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p266

steeds nie daarin geslaag om die meerderheid wit mense te oortuig van die onreg wat

deur apartheid aan die menswaardigheid van swart Suid-Afrikaners gedoen het, of die

gevolge daarvan nie.

3. Die hart van apartheid

Dit is belangrik om duidelikheid te kry oor wat presies die fout van apartheid was. In

hoofstukke drie en vier is uitgewys dat die mede-navorsers oor die algemeen vaskyk

teen klein apartheid, die praktiese reëls wat die daaglikse lewe van swart mense

bepaal het, byvoorbeeld aparte geriewe vir die verskillende rasse. Daar was min begrip

vir die onderliggende uitgangspunte van rassisme of die aantasting van

menswaardigheid. Oor die algemeen het die mede-navorsers baie oppervlakkig na die

verlede gekyk en byna nêrens het hulle dit teologies probeer beoordeel nie.

3.1 Senzeni na?

Tydens die WVK se ondersoek na die dood van die sogenaamde Cradock Vier, hervat

die voorsitter, aartsbiskop Tutu, die verrigtinge na ʼn onderbreking met die lied wat

begin met Senzeni na?- Isono sethu bubumnyama (Krog 1998a:43). Dit is ʼn bekende

struggle-lied (Tutu 1999:17) wat in Afrikaans lui: Wat het ons gedoen? Ons sonde is

dat ons swart is. Vir die beleid van apartheid was ʼn swart vel egter genoeg; vir wit

mense het dit blykbaar sin gemaak, vir swart mense nie. Hoe lank voor alle wit mense

hierdie lied sal verstaan en deur hulle erkenning die menswaardigheid van swart

mense herstel?

3.2 Hoe wittes apartheid (ge)sien (het)

“Apartheid was die fout van enkelinge” skryf Toerien (2011:elektroniese bron). Hy vertel

ook van ʼn jong dr. Niel Barnard – die latere hoof van die SA Intelligensie-diens – wat

hom jare gelede só reggehelp het: “vergeet van die storie van die Christelike beleid van

apartheid versus die humanistiese beleid van gelykstelling. Want as apartheid nie

gelykheid bring nie, kan dit nie regverdig wees en dus Christelik wees nie.” Die ironie is

dat wanneer Toerien dit skryf, hy dit geensins repudieer nie; hy aanvaar dit as die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!