25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p177

3. Metodologie

Soos in hoofstuk een verduidelik is, is die navorsing gebou op onderhoude met ʼn groep

wit Afrikaanse Christene in Welkom. Die aanvanklike navorsing is in 1998 gedoen en

wel in groepsverband. ʼn Reeks van agt groepsgesprekke is gevoer waarby die meeste

van die mede-navorsers elke keer teenwoordig was. Die resultate van daardie

navorsing is in hoofstuk drie aan die orde gestel.

Die ideaal sou wees om ook vir die opvolgnavorsing in 2012 só ʼn reeks groepsgesprekke

te kon hou. Bepaalde praktiese faktore het dit onmoontlik gemaak. Die

grootste hiervan is dat ʼn beduidende aantal van die mede-navorsers nie meer in

Welkom woon nie. Die oudste van die groep, Ben, is ook sedertdien oorlede. In plaas

van groepsgesprekke is daar besluit om ʼn reeks persoonlike gesprekke te voer. Die

meeste mede-navorsers het as egpare aan die aanvanklike rondte deelgeneem en

daarom is die opvolggesprekke met hulle as egpare gevoer. Met drie van die medenavorsers

(Hanlie, Isak en George) is die gesprekke in ʼn een-tot-een situasie gevoer.

Op een uitsondering na is almal in hulle huise ontmoet vir die gesprekke. Die een

uitsondering (George) het van Odendaalsrus gekom en my tuis kom sien. Ten einde by

almal uit te kom, het ek tydens my vakansie tyd ingeruim om Elsa en Frans in

Malmesbury te gaan besoek. Ek het ook een naweek spesiaal Prieska toe gery om met

Mike en Naomi te gaan praat.

Soos met die aanvanklike navorsing is die gesprekke met die toestemming van die

mede-navorsers opgeneem en later getranskribeer. Hierdie sewe transkripsies word as

Bylaag 9 tot 15 in elektroniese formaat by hierdie navorsingsverslag aangeheg.

Ek het ook ʼn oop uitnodiging gerig aan die mede-navorsers om hulle reaksies op

bepaalde vrae op skrif te sit. Drie van hulle (Isak, Johan en Karin) het daarop

gereageer. Hierdie drie skriftelike bydraes word as Bylaag 16 tot 18 ook in elektroniese

formaat aangeheg.

Alle aanhalings uit die mede-navorsers se bydraes word weereens in ʼn ander

lettertipe aangedui. Alle aanhalings is voorsien van die gebruiklike verwysing in

vierkantige hakkies, byvoorbeeld [Frans 9-123]. Die gebruik van hierdie verwysings is

in hoofstuk een verduidelik.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!