25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p124

blaf, toe kry hulle nou die swartman wat daar onder

bly met sy primus en sy slaapgoed en alles. Toe sê

die een vrou: 'n mens moet sommer een van hierdie

groot vragmotors met grond kry en hom begrawe daar

onder. Ek was verskriklik geskok daaroor. 'n

Vooraanstaande vrou wat by die bestuur van ʼn groot

vroue-organisasie betrokke is, het gesê sy wens sy

kan ʼn geweer vat en al die straatkinders doodskiet

[Elsa 4-016].

Die indruk wat hierdie tipe opmerkings laat, is dat swart mense nie veel werd is nie; dat

ʼn swart lewe nie vreeslik belangrik is nie. Die volgende voorval gee op ʼn vreemde

manier uitdrukking daarvan.

Op 25 Augustus 1993 is Amy Biehl, ʼn Amerikaanse Fulbright student

wat in Suid-Afrika teen apartheid gewerk het, aangerand en

doodgesteek in ʼn swart woonbuurt naby Kaapstad. In 1998 het die vier

jong mans wat skuldig bevind is aan haar moord, amnestie ontvang van

die WVK nadat hulle vyf jaar van hulle vonnis uitgedien het (Biehl &

Nofemela 2007).

Na Amy se dood skryf Sindiwe Magona (1998:87) ʼn boek “Mother to

mother” waarin sy weeklag: “(she) pays the price for the sins of the

fathers and the mothers who did not do their part to see that my son had

a life that was worth living.”

Die effek van jare se apartheidsdenke op die psige van die swart mense was sodanig

dat Amy se moordenaars klaarblyklik nie twee keer gedink het oor wat hulle doen nie.

Hulle eie lewens was oënskynlik so min werd dat hulle dit maklik op die spel plaas; dit

was blykbaar in elk geval nie “worth living” nie.

Die verskriklike ironie is dat wit mense wat hierdie soort ding doen, blykbaar nie in staat

is om te sien dat dit verkeerd is nie. Hulle dink nie twee keer daaraan nie. In hulle eie

gemoed doen hulle niks verkeerd nie. Wit Afrikaners het onsensitief geword vir die

effek wat hulle gedrag op swart mense het. Hulle het hulleself oortuig hulle het swart

mense reg behandel. Die ideologie van wit meerderwaardigheid het hulle hele lewe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!