25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p206

is oppervlakkig ʼn bietjie vordering, maar onderlangs is mense

maar nog steeds rassisties. Johan [11-158] verklaar eerlik: Ons is

rassisties want dit is hoe ons is en Mike [10-222] sê dat ’n groot

gedeelte van mense nog so is. Later erken hy dat daar selfs mense is wat

hoop dit gaan weer so word [Mike 10-133] soos in die tyd van apartheid. Die

laaste voorbeelde hieroor kom van Isak [14-171]: Ek dink daar is ʼn seksie

ouens wat nog vol rassisme is, wat daar bly, wat nog glad nie

geskuif het nie of nie gaan skuif nie, want hulle wil nie skuif

nie en Danie [13-018] wat selfs sê: Ek dink mense wat nie rassisties was

nie, het rassisties geword.

Blatante rassisme en ʼn hunkering na apartheid kom steeds dikwels voor. As voorbeeld

hiervan kan gewys word op ʼn brief wat op verskillende webblaaie en blogs in verskille

variasies en tale verskyn het. Op die webblad van Die Boervolk het ene Rooi Jan

(skuilnaam), wat homself as die Hoofkommandant van die Boerevryheid Bestuur

beskryf, ʼn lang brief geskryf wat met hierdie woorde begin:

Ons is jammer as die honderde duisende huise wat ons in Soweto en

elders gebou het 'n bietjie klein was. Dis al wat ons kon bekostig. Ons

is ook ontsettend jammer, so verskriklik jammer dat die goed nog

steeds staan. Ons weet dit is eintlik simbole van die verwerplike

apartheidstelsel maar ons het nie geweet hoe om huise te bou waarvan

die mure binne twee jaar kraak nie (Boerevryheid 2008:elektroniese

bron).

Die brief gaan voort in dieselfde rassistiese toon en is deurspek met stereotipes en

veralgemenings wat alle wit mense voorhou as alles wat goed en eerbaar en reg is, en

die swart mense as alles wat sleg en onontwikkeld is. Uit hierdie brief is dit duidelik dat

sekere wit mense nie verstaan wat die effek van apartheid op swart mense was nie. Vir

die skrywer van die brief is dit duidelik genoeg om aan te voer dat die wit mense, en die

beleid van apartheid, materiële vooruitgang gebring het vir die inwoners van Suid-

Afrika. Die prys wat daarvoor betaal is, word geheel en al buite rekening gelaat.

Hierdie onbegrip word goed verwoord deur Jansen wanneer hy praat oor die jong wit

studente wat by die Reitz-video voorval betrokke was: “They asked me with tears what

they had done wrong” (aangehaal in Johns 2009:1). Wit mense sien eenvoudig nie

hulle eie rassisme raak nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!