25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p156

gaan dan voort om te sê dat dit die kommunistiese propaganda is wat die wit regerings

van Suider-Afrika voorhou as die onderdrukkers van die swart mense. Uitvoerige

aandag word gegee aan die slegte prestasies van die kommunistiese state en Sowjet

imperialisme wat as die finale doelwit het die beheer oor die Kaapse seeroete. Du

Plessis argumenteer dat bevrydingsbewegings ’n belangrike rol speel in die Sowjet

doelwit van wêreldwye kommunisme. In Suid-Afrika, argumenteer hy, beteken dit dat

die Sowjet-Unie, as die groot voorstander van kommunisme, die bevrydingsbewegings

soos die African National Congress (ANC) gebruik om “onrus” in Suid-Afrika aan te

blaas.

Dit is duidelik waarom wit Suid-Afrikaners oortuig was van die kommunistiese

bedreiging. De Kock en Gordin (1998:49) onderstreep dit wanneer hulle sê dat De

Kock grootgemaak is “to be strongly anti-Communist.” Hanlie [4-569] sê

[kommunisme] het net een label gehad in SA, of net

twee: dit was goddeloos of die monster wat ons land

gaan oorneem, dit was waaroor baie van ons jong

seuns en manne op die grens gaan veg het, terwyl

hulle nie eers geweet het wat kommunisme regtig is

nie.

Dit korreleer goed met De Kock en Gordin (1998:100) se beskrywing van die situasie in

die land ten tye van die sogenaamde Totale Aanslag. Wat hulle sê is waarskynlik waar

van die meeste wit Afrikaners in daardie tyd: “We were told that the communists were

responsible for instigating social and labour unrest, civil disobedience, attacks by

terrorists on the country’s infrastructure, and the intimidation of black leaders and

members of the security forces” (De Kock & Gordin 1998:100). Hierdie standpunt is

wyd aanvaar en nie deur die meerderheid wit mense bevraagteken nie. Ek herinner my

hoe hierdie tema in die laat jare sewentig gereeld op die agenda was van die FAK 24 se

jeugleiers-konferensies.

Volgens wit mense se verstaan van die Totale Aanslag, het Suid-Afrika nie interne

probleme gehad behalwe dit wat deur die aanslag van die ANC en ander teenstanders

van apartheid as “Soviet Union’s trojan horses” (De Kock & Gordin 1998:91)

veroorsaak is nie. Wanneer swart mense egter skryf oor kommunisme, het hulle ʼn

24 Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) het in daardie tyd jaarlikse byeenkomste vir

Afrikaanse skole se jeugleiers (soos prefekte of leerlingraadslede) aangebied.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!