25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p40

(1986:48) noem die Bybelse verhaal aangaande God 'n “open-ended” verhaal. God se

handelinge word dus in die geskiedenis voortgesit en vertel (verhaal) deur mense. Die

normatiewe maatstaf om menslike stories te interpreteer bly steeds “God se Storie met

die mens” (Louw 1997:25). Die inhoud van hierdie storie van God, waarby 'n pastorale

hermeneutiek moet aansluit, is – soos hierbo gesê – die kruis- en opstandingsteologie.

Hiersonder vervlak die pastoraat tot 'n bloot humanistiese medemenslikheid. Gerkin

(1991:114) stel dit so: “Devoid of such images, pastoral presence in relationships of

care is in danger of becoming presence indistinguishable from the presence of any

other psychologically-minded counsellor.” Juis daarom sê Louw (1997:25) dat pastorale

teologie nie as gevolg van die gesprek met die postmodernisme, skaam en sku hoef te

raak vir die Bybelse taal, temas en verhale nie

Die waarde van hierdie verskuiwing in die pastoraat na 'n narratiewe benadering, lê in

die sensitisering van die pastor om na mense se verhale te luister binne 'n reële en

sosiale konteks. Wie só na mense se stories luister, verskaf 'n “narratiewe sin en

betekenis aan mense se dikwels verwarde ervarings en gebeure” (Louw 1997:26).

Pastorale terapie in 'n narratiewe benadering is dus nie 'n tegniek of stel tegnieke nie,

maar eerder 'n houding of posisie-inname ten opsigte van ander en die lewe.

Die laaste belangrike verskuiwing wat Louw (1997), in aansluiting by Campbell

(1985:19) voorhou, is die verskuiwing weg van 'n eensydige professionele benadering

na die onderlinge versorging van gelowiges. Waar die pastoraat só met die amp van

die predikant of die besondere ampte geïdentifiseer word, het lidmate self nie meer

vrymoedigheid om die onderlinge versorging van mekaar te doen nie. Dan bestaan die

gevaar dat die pastoraat na die domein van die opgeleide pastor skuif. Al moet die

pastoraat ook vakwetenskaplik begrond word, is dit nie die bedoeling dat die pastoraat

wegskuif uit die terrein van die koinonia nie. Al moet die wetenskap van die vak

ontwikkel word, gaan dit nie in die pastorale bediening om die status, kennis of

vaardighede van die pastor nie. Dit gaan dus nie om wat die pastor sê of hoe dit gesê

word nie, maar oor wie die pastor vir mense is (Louw 1997:27).

Daar is 'n laaste verskuiwing wat ek aan die orde wil stel. Müller (2005) bied 'n verdere

ontwikkeling aan wat hy sê nie foundational of non-foundational is nie, maar wat hy

noem post-foundational. Hy voer aan dat hierdie benadering verby die beperkings en

afgesonderde gemak van die teologiese foundationalism beweeg het, maar tog “it is

not to be found within the sphere of relativism and the arbitrariness of anti-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!