25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p160

Harms Kommissie vertel het, stel hulle dit so: “in the world inhabited by Harms and

most other white South Africans, there was [hulle beklemtoning] no reason to doubt

forms produced by the police.” Nie alleen die burgers van die land nie, maar ook die

regstelsel is mislei. Wit Suid-Afrikaners was so goedgelowig dat dit nooit by hulle

opgekom het om die situasie in die land te bevraagteken nie. Ons is grootgemaak om

nie te bevraagteken nie, maar te gehoorsaam (Swanepoel 1997:15).

Een van die redes vir hier nie-bevraagtekening was die gevaar van etikette. Persone

wat gewaag het om die bestaande orde te bevraagteken of om te vriendelik te wees

met swart mense, is gou-gou uitgekryt as kafferboeties en kommuniste

[Isak 1-616]. Isak vertel hoe hy in ʼn plattelandse dorpie gery het met ʼn swart vroulike

kollega langs hom in die motor. Dan sê hy: Jy moet kyk hoe kyk daai boere

in hulle bakkies my aan. Hier is ʼn groot liberalis, kommunis [Isak

3-507]. Selfs swart mense getuig van die negatiewe effek wat so ʼn etiket op ʼn swart

mens in ʼn wit wêreld gehad het vir jou werksekuriteit en bevorderingsmoontlikhede

[Quincy 7-079].

Teen hierdie agtergrond is dit nie verrassend nie dat oud-president

Nelson Mandela (aangehaal in Murphy 1997:92) na bewering gesê het:

“The Afrikaners are decent people who have been misled by their

leaders.”

Toe hierdie misleiding ontdek is – individueel of kollektief – was dit asof

die mat onder hulle uitgetrek is. Ackerman (1996:34) vertel van ʼn jong

wit Afrikaanse student wat vir haar sê: “My parents lied to me, my school

lied to me, our leaders lied to me and the church lied to me. I don’t even

know the truth about God.”

Almal kan saamstem dat die mense van die land mislei is. Almal kan saamstem dat die

waarheid vir die meeste Suid-Afrikaners weggesteek was. Maar almal moet ook

saamstem met Worsnip (1996:149) dat iemand iets moes geweet het. Selfs Chris de

Jager, voormalige parlementslid vir die Konserwatiewe Party en Vryheidsfront asook

stigterslid van die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) en later lid van die WVK het

die indruk gekry dat selfs politici in die parlement gekies het om anderpad te kyk

(Brynard 1998:21).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!