25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p2

2. Inleidend

In hierdie navorsingsverslag word die verhaal vertel van 'n aantal wit Afrikaanssprekende

Christene in Welkom in die Noord-Vrystaat, wat almal bande met die

Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk) het 3 . Veralgemenend beskou was die

deelnemers aan hierdie navorsingsproses, wat ek graag mede-navorsers noem, die

bevoordeeldes van apartheid en dikwels ook die voorstanders daarvan. Terselfdertyd

was hulle ook mense wat vanuit 'n Christelike geloofsposisie geleef het met al die

etiese elemente wat dit impliseer. Soos alle ander Suid-Afrikaners het hul lewe ook

onherroeplik verander ná die 1994 verkiesing. Die bevoorregte posisie wat hierdie

minderheidsgroep onder apartheid beklee het, het dramaties verander met die oorgang

na ’n meerderheidsregering. Hierdie oorgang alleen was al moeilik, maar na die

onthullings by die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) was dit vir my as wit

pastor van ’n groot gemeente, wat nog altyd byna volledig bestaan het uit wit mense,

duidelik dat hulle begeleiding nodig sou hê om hulle in hierdie oorgangtyd te help.

Daarom is hierdie groep beperk tot blankes 4 , omdat ons die mense

is wat in die ou bedeling in 'n spesifieke bedeling gestaan het

en nou in die nuwe bedeling moet vrede maak met ons eie verlede

[Albert 1-040] 5 .

Oor 'n tydperk van etlike maande word hierdie mense mede-navorsers (Epston 2004:3)

in 'n projek oor hoe, gegewe hulle spesifieke verlede, wit Afrikaanse Christene leef in

wat algemeen genoem is “die nuwe Suid-Afrika” (Beukes, Davies, Van der Kooy, & Van

Wyk 1991; Silber 1991).

Die uitdrukking “wit Afrikaanse Christene” word nie as ʼn outomatiese samevoeging

gebruik, so asof die een term noodwendig die ander veronderstel nie. Daar sou

geargumenteer kon word dat die begrip wel so gefunksioneer het in die tyd van

apartheid. Wat waarskynlik begin het as ʼn konvensie, het later ʼn selfstandige konstruk

3 Die navorsing fokus, soos die titel ook lui, op lidmate van die NG Kerk. Ek is egter van mening dat die

temas wat aan die orde kom algemeen binne die wit Afrikaanse Christengemeenskap voorkom. Daarom

word in hierdie navorsing ook uitvoerig aandag gegee aan die menings van ander wit Afrikaners.

4 Die woord “blankes” word hier gebruik, omdat dit ʼn aanhaling uit ʼn gesprek is en die woord só in die

gesprek gebruik is. Sien my verduideliking oor die gebruik van wit, swart, blank en so meer later in die

teks.

5 Die metode van verwysing na aanhalings uit die gesprekke word later in hierdie hoofstuk volledig

bespreek.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!