25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hierdie navorsing het aanvanklik begin onder die leiding van prof. Dirk Kotzé van die

Instituut vir Terapeutiese Ontwikkeling in Pretoria. Dankie Dirk, vir jou aandeel in my

vorming en vir die afskop van hierdie projek.

Die opvolgnavorsing en die dokumentering van die proses het geskied onder die

bekwame leiding van prof. Jan-Albert van den Berg. Dankie dat jy my onder hande

geneem het en van my los gedagtes ʼn proefskrif gevorm het. Die sukses hiervan is

ewe veel joune as myne.

Die grootste dankwoord moet gaan aan die anonieme mede-navorsers wat my

vertrou het met hulle verhale. Aanvanklik in die groep, en later individueel, het hulle

hul harte oopgemaak oor diep persoonlike sake. Dankie vir julle vertroue en die hulp

met my navorsing. Ek hoop dit was vir julle net so waardevol as vir my.

Hierdie verhale is aanvanklik gedeel met ʼn aantal mense wat kosbare insette gelewer

het. Onder hulle tel twee Kweekskool-klasmaats, dr. Annes Nel en dr. Gideon

Rossouw, my universiteitskamermaat Tinus Burger en my mede doktorale student

ds. Johan Myburgh.

Tydens my navorsing was ek bevoorreg om my idees te kon deel in kritiese

gesprekke met die volgende persone: Prof. Piet Meiring, prof. Piet Naudé, dr. Stiaan

van der Merwe, dr. Lourens Erasmus. Ek herinner my ook ʼn kosbare gesprek met

wyle dr. Beyers Naudé. Onder my kollegas wil ek graag die naam van ds. Cassie Nel

uitsonder. Voor sy dood het ons verskeie gesprekke oor my navorsing gevoer. Hy het

ook ʼn aantal van sy boeke tot my beskikking gestel.

Verskillende mense het gehelp met die transkripsies se vertaling en die tik daarvan.

Wat die opspoor van bronne aanbetref, was mev. Hesma van Tonder van die

Vrystaatse Universiteitsbiblioteek van onskatbare waarde. Vir die taalversorging wil

ek vir dr. Gideon van der Watt bedank. Dankie Hesma. Dankie Gideon.

ʼn Woord van dank aan die NG Gemeente Welkom-Suid vir die toestemming om die

navorsing onder lidmate te kon doen. ʼn Laaste dankie gaan aan die Vrystaat-sinode

vir finansiële ondersteuning.

Soli Deo Gloria

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!