25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p95

4. Die posisie van die NG Kerk voor 1998

In hierdie afdeling word die NG Kerk beskryf soos aan die mede-navorsers bekend ten

tye van die aanvanklike navorsing. Die fokus is veral op die NG Kerk se geskiedenis

ten opsigte van apartheid en die rassekwessie in Suid-Afrika.

4.1 “Die NP in gebed”

Dit is nie sonder rede dat na die NG Kerk verwys is as “die Nasionale Party in gebed”

(Giliomee 1979:240; Serfontein 1979:163) nie. Serfontein (1982:1) voer vier redes aan

vir die hegte verband wat onstaan het tussen die NG Kerk en die politieke party:

Eerstens is die NG Kerk die grootste kerk onder die lede van die wit heersersklas,

tweedens speel die NG Kerk ʼn spesiale rol in die politieke, sosiale en kulturele lewe

van wit Afrikaanse Christene, derdens is godsdiens baie belangrik vir die Afrikaners en

dit is ingeweef in hulle alledaagse lewe en laastens was Suid-Afrika volgens die

grondwet van die apartheidsera ʼn Christelike staat. Die NG Kerk erken self die baie

hegte verhouding met die regering van die dag: “Die Kerk is intiem betrokke by die

staatkundige ontwikkelinge van ons land” (Ned Geref Kerk 1975:3). Op ʼn stadium het

die NG Kerk selfs geheime fondse van die regering aanvaar, al is dit afgemaak as “niks

onreëlmatigs” (Geldenhuys 1982:74) nie. Loader (1985:276) sê die NG Kerk is “reputed

to be the most influential church in South Africa...”. Rose [7-555], een van die swart

deelnemers aan die aanvanklike gesprekke, voer aan dat die rede waarom die NG

Kerk-familie so sukkel om te verenig is omdat die NG Kerk spesifiek, al die

jare die backbone was van apartheid.

Kruger en Hofmeyr (2009a:138) beskryf die ontstaan van die NG Kerk as volkskerk van

die Afrikaners met spesifieke verwysing na die rol van die NG Kerk na die Tweede

Vryheidsoorlog en die Afrikaners se verarmde situasie in die dekades daarna. Dit was

logies dat “die kerk in sy sorg aan die verarmde Afrikaners ʼn kerk-vir-die-volk” sou

word. Hulle verwys vervolgens na die Calvinistiese gedagte van “kollektiewe

individualisme” wat beteken dat “ʼn individu tegelyk vrywillig behoort en onderdanig is

aan ʼn Christelike gemeenskap en aan ʼn aardse outoriteit (wat aan God onderdanig is).”

Hulle totale lewensbestel was dus “in wese godsdienstig” met staat en kerk as organe

waardeur God regeer. Dan voeg hulle by: “Die gemiddelde Afrikaner het hierdie

verstaan van die werklikheid as ʼn gegewe aanvaar (Kruger & Hofmeyr 2009a:139).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!