25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p79

Ons het vir die Afrikaner werk geskep in die

staatsdiens en orals. Ek meen toe was dit goed, want

dit was tot ons voordeel, ek is seker as mens sou

praat met die meer Engelsgesinde regime van daardie

tyd, sou hulle voel soos wat ons nou voel, want

hierdie boere weet niks nie, hulle is nie behoorlik

opgelei, hulle kry nou al hierdie poste. Ons praat

nog steeds vanuit 'n bevoorregte posisie. Ons praat

so omdat ons nie regtig graag iets wil afstaan nie,

maar as ons in die swart mense se posisie was, sou

ons heel anders gevoel het, want dan was ons in die

ontvangposisie Elsa [5-651].

Saam met wit armoede gaan ook die kommer oor grondhervorming. Wit boere se plase

is opgekoop en aan swart boere oorgedra wat aanspraak op die grond gemaak het,

omdat hulle voorouers daar gewoon het. Hierdie oordragte het dikwels misluk. Volgens

ʼn berig in Beeld (Van der Walt 2010) het die minister van landelike ontwikkeling en

grondsake, “erken die regering se institusionele vermoë skiet tekort om grondhervorming

suksesvol deur te voer”. Benewens die probleem met ʼn tekort aan

opgeleide personeel om die proses te bestuur, het hy ook erken dat baie min plase wat

oorgedra is, “suksesvol” was en “ná oordrag produktief gebly” het. Die dramatiese

afname in produktiewe plase bedreig die land en sy burgers se voedselsekerheid.

3.1.2 Misdaad

Die enkele grootste knelpunt wat onsekerheid in die post-apartheid Suid-Afrika

veroorsaak, is die klaarblyklike onkeerbare vlaag van misdaad wat oor die land spoel.

Daar is ʼn “toename in wrede en sinlose geweld, die misdaad wat al hoe meer mense

aan eie lyf voel” (Van der Watt 2007:9). Selfs in skole is daar ʼn toename in geweld

(Pienaar 2008:2). Uit wit mense se emosionele reaksie op geweld, veral iets soos

plaasmoorde, wil dit voorkom asof hulle glo dat geweld net gerig is op die wit

gemeenskap. Hierteenoor sê die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge dat

misdaad juis die een saak is wat alle Suid-Afrikaners kan verenig (Van Wyk

2012:elektroniese bron), omdat dit almal ewe veel raak. Wat egter kommerwekkend is,

is dat volgens die onafhanklike klagtesdirektoraat se 2009-10-verslag “net 1,2% van

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!