25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p8

In die lig van Osmer (2008) se beskrywing van praktiese teologie, wil hierdie navorsing

graag aansluit by Ganzevoort se eerste betekenis van die woord “tracing” wat hy vind

in die woord “travelling” of “transversing”. Ganzevoort gaan dan voort om praktiese

teologie te beskryf as swerwende geleerdheid “which resembles more the roaming

through a forest of explorers who enjoy the scenery.” Hiermee bedoel hy dat die

versameling van kennis nie bloot kumulatief is nie, maar meer dikwels sirkulêr. “We

revisit places we have seen before and repeat old questions to consider old and new

answers.” Vir die ingeligte leser sal dit duidelik wees dat hierdie aspek ooreenkomste

toon met wat Osmer (2008:4) noem die “descriptive-empirical task.”

3.1 Die deskriptiewe-empiriese taak

Osmer (2008:4) beskryf sy “descriptive-empirical task” as “Gathering information that

helps us discern patterns and dynamics in particular episodes, situations, or contexts.”

Verderaan in sy boek (2008:36) beskryf hy dit as die soeke na die antwoord op die

vraag: “What is going on?” Praktiese teologie moet eers seker maak dat die aard en

omvang van die probleem goed verstaan word alvorens oplossings gesoek kan word.

Hierdie strewe na verstaan vind plaas deur middel van gesprekvoering.

Die primêre wyse waarop 'n gespreksruimte geskep word en 'n dialogiese proses

gefasiliteer word, is deur terapeutiese vraagstelling. Vir Anderson en Goolishian

(1992:28) beteken dit 'n “not-knowing” benadering. Hiermee benadruk hulle die feit dat

elke persoon die kenner van sy of haar eie lewe is. Die “not-knowing” terapeut neem 'n

houding in van egte nuuskierigheid. Die terapeut se houding verwoord (of ver-beeld) 'n

behoefte om meer te weet van wat gesê word, eerder as om voorafopgestelde opinies

en verwagtinge oor die kliënt of die probleem of die oplossing aan te bied.

Dit is duidelik dat hierdie konsep misverstaan word deur sommige skrywers. Janse van

Rensburg (2000:69) gee toe dat die “not-knowing” benadering fokus op die behoorlike

verstaan van die probleem en tog is sy hele betoog en afwysing van hierdie benadering

nie hierop gebou nie, maar op 'n denkbeeldige “not-knowing” benadering ten opsigte

van die etiese hantering van probleemsituasies. Dit kan help om volledig te luister na

hoe Anderson en Goolishian (1992:28) self hulle aanpak beskryf: “the therapist

exercises an expertise in asking question from a position of ‘not-knowing’ rather than

asking questions that are informed by method and that demands specific answers.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!