25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 3: Die verhaal oor apartheid – verlede tyd

p153

die wit ou met matriek en vier jaar [Rose 7-150]. Selfs

die eksamens bevoordeel die wit skole. Die vraestelle

vir die kleurling skole is moeiliker as soortgelyke

vraestelle vir die wit skole. Vergelyk jy ʼn standerd

agt Raad van Verteenwoordiger-vraestel (die bruin

vraestel), is die gelykstaande aan ʼn wit matriek

vraestel [Rose 7-155].

Dit is dus ʼn vraag of swart en bruin Suid-Afrikaners ten opsigte van

onderwys werklik so baie gehad het om oor bly te wees soos hierbo

beweer word.

In ʼn ander aspek van ontkenning verskoon van die mede-navorsers hulleself so: ek

het nooit gepraat van ʼn "kaffer" nie, ek het nooit sleg gepraat

van die ander persoon, van die anderskleurige nie [Danie 4-062] of

elders Ek voel nie skuldig as ʼn rassis nie, want ek het nooit

hulle gehaat of benadeel nie [Mike 2-658]. Die rasionaal hieragter is blykbaar

dat indien jy nie self swart mense anders behandel as wit mense nie, daar nie ʼn

probleem met apartheid is nie – in elk geval nie wat jouself aanbetref nie.

Jonker (1998:210) weerlê hierdie posisie baie goed wanneer hy aanvoer

dat swart mense se bitterheid niks te make het met die manier waarop

ons as individue teenoor hulle opgetree het nie, maar oor die opset in

die land wat ons bevoordeel en hulle benadeel het. ’n Ander wit

waarnemer, Nicol (1989:67), stem saam dat die probleem nie gesetel is

in individuele handelinge nie, want "many of the agents of the Apartheid

ideology were and are not bad people with personal hate for blacks, but

they built a social system which was based on the fact that whites do not

like blacks to be close to them and which damages the prospect of

blacks. This is hate. This is a direct contradiction of the will of God."

Watter argumente die wit gemeenskap ook al aanvoer ter ontkenning van die impak

van apartheid, dit sal nie die verhale van diegene aan die ontvangkant van apartheid,

soos dit aan die WVK vertel is, ongedaan kan maak nie. Geen argument kan

aangevoer word dat apartheid nie die swart mense van Suid-Afrika nadelig geraak het

nie. Hoeveel goed daar ook al gedoen is in die apartheidsera, dit is gedoen met die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!