25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p315

Dit was opvallend hoe dikwels die idee van ʼn “uitreik” na vore gekom het in die

opvolgnavorsing. Kyk in hierdie verband byvoorbeeld na [Mike10-356, Danie 13-368,

Isak 14-339 en George 15-406]. Dis asof lidmate nie weet hoe om met mede-Christene

van ander rasse om te gaan nie. In die lig hiervan is dit jammer dat die jaarlikse

gesamentlike Pinksterfees wat in die verlede in Welkom gehou is, die laaste paar jaar

nie meer plaasvind nie. Ook die kwartaallikse byeenkoms van die Getuienisraad –

vroeër bekend as die Raad vir Sending en Samewerking – het skipbreuk gely as

gevolg van ʼn gebrek aan belangstelling van die kant van die leraars van die ring. Oor

hierdie kwessie skryf Krog (2003:249):

...if the church could provide the space for fellow Christians to meet

one another and live with one another, it would send shock waves

through the calcified moral artery system of this country. It would

enable a country currently living off a set of artificial machines, to wake

up with a transplanted heart which beats warm and strong with the

mercy of God for all its people.

Ten spyte van die opmerkings in die vorige paragraaf moet ek met Schoeman (2008:9)

saamstem as hy sê: “Daar is besliste tekens van groeiende positiewe gesindhede

binne die NG Kerk teenoor lidmate van die NG Kerkfamilie. Dit is miskien nog nie

genoeg nie, maar dié ‘sosiale kapitaal’ moet benut en gebruik word om tot aksie en

handelinge oor te gaan.” Die verbetering in gesindheid is ten minste van sommige

lidmate waar. Hier kan byvoorbeeld gekyk word na Frans [9-612] se opmerking oor TV

nuuslesers wat nie wit is nie. Die Kerk se uitdaging is om hierdie verbeterende

gesindheid te benut om nouer bande met swart Christene te smee.

Cilliers (2011:elektroniese bron) skryf dat wit mense se identiteite dikwels op ʼn baie

fundamentalistiese manier gedefinieer word. Dit vind weer neerslag in die prediking,

maar veral in die gebrek aan vordering met eenheid in die NG Kerk. Hierdie gebrek aan

eenheid ontneem die Kerk van ʼn profetiese stem teen sosiale euwels. “It is as if the

myth of separation between “us” and “them”, so integral to the ideology of apartheid,

has come back to haunt us” (Cilliers 2011:elektroniese bron). Hierteen sal die Kerk met

alle mag moet stry.

ʼn Tweede taak van die NG Kerk hang juis saam met hierdie profetiese stem. In sy

beskrywing van die situasie in die NG Kerk, verwys Cilliers (2011:elektroniese bron)

ook na die prediking. Sy ontleding van die homiletiese en liturgiese praktyke wys dit is

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!