25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p322

verskillende vlakke goed doen om hierdie knelpunte behoorlik aan te spreek.

Onder die sambreelterm Afro-pessimisme word menige probleem ingedruk. Afrika het

nie ʼn goeie geskiedenis as dit kom by die bestuur van die onderskeie lande ná

onafhanklikheid nie. Dit is gewoonlik hierdie mislukkings wat aangevoer word as redes

waarom mense bekommerd is oor die toekoms in Suid-Afrika. Dit is veral sake soos

nasionalisering, die herverdeling van landbougrond [vergelyk Isak 14-439] en die

voorbeeld van die buurland Zimbabwe [vergelyk Karin 11-320] wat wit Suid-Afrikaners

bekommerd maak. In reaksie op ʼn koerantberig dat die ANC nie verstaan waarom

sommige mense die land wil verlaat nie (Pretorius 2011:elektroniese bron), skryf ʼn ene

Yolande Kruger (skuilnaam): “Natuurlik is ons bang, kyk waar het Zim geëindig... alle

harde werk van Boere en die mense se plase wat hy [Julius Malema] wil onteien en

ook banke nasionaliseer? Wat sal met ons ekonomie gebeur?” Haar woorde word

verskeie male deur ander lesers beaam. Dit blyk ʼn kommer te wees wat wyd algemeen

voorkom.

Hiermee saam is daar ook groot kommer oor die ondermyning van die regstelsel.

Vroeër is daar reeds gewys op die vervolging van president Zuma wat gestaak is op ʼn

manier wat baie vrae laat ontstaan het oor die onafhanklikheid van die

vervolgingsgesag. Kommer word dikwels uitgespreek oor die waarde wat aan die

voorskrifte van die Grondwet gegee word. In hierdie verband is die woorde van Reuel

Khoza, voorsitter van Nedbank insiggewend: “Suid-Afrika word wyd erken vir sy liberale

en verligte Grondwet, tog sien ons die opkoms van ’n vreemde tipe leierskorps wat

vasberade is om die oppergesag van die reg te ondermyn en die Grondwet te omseil”

(Lamprecht 2012:elektroniese bron). Nog ʼn gesaghebbende wat ʼn soortgelyke

uitspraak maak, is Dr. Mamphela Ramphele. In April 2012 sê sy onder andere: "South

Africans have much to worry about… The tide towards a closed, unaccountable and

corrupt state is too strong for the few who dare to stand up to be counted. Strength in

numbers is needed" (Ntsaluba 2012:elektroniese bron). Dit is hierdie tipe uitsprake wat

wit Afrikaners laat wonder oor hulle toekoms in Suid-Afrika; en nie net hulle sʼn nie,

maar ook dié van die volgende geslag.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!