25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p228

4.5.1 Die NG Kerk in apartheid Suid-Afrika

In die heel eerste gesprek het Frans [1-459] sy frustrasie met die NG Kerk uitgespreek

oor die verandering van standpunt oor apartheid:

...nou voel dit vir my die kerk het 'n 180 grade

draai gemaak. En alles gefundeer uit die Woord van

God uit. En dit is my dilemma ek kan eenvoudig nie

die kloutjie by die oor kry nie. 'n Mens is nie

stupid nie, jy lees en jy hoor al hierdie goeters,

maar dit voel vir my ons het geblinddoek deur die

lewe gegaan.

In die opvolgnavorsing het die NG Kerk nie veel beter gevaar nie. Frans [9-771] is

steeds van mening dat die Kerk nie ʼn positiewe rol speel nie. Elsa [9-782] noem dit ʼn

klub waaraan sekere groepe mense behoort wat graag soontoe wil

gaan. Danie [13-323] is selfs nog meer sinies oor die Kerk: Ag weet jy ek dink

die kerk het nie ʼn rol gespeel in die tye van apartheid nie en

die kerk speel nie ʼn rol...

Op die vraag of hulle dink dat apartheid ʼn kettery was, antwoord Johan [17-203] Nee,

maar Elsa [9-825] sê: Ek dink verseker so en dan voeg sy by: Ek het dit

nie van die kansel af gehoor nie [Elsa 9-777]. Frans [9-844] plaas die fokus

op die noue verhouding met die staat wat verhoed [het] dat die evangelie

suiwer bedien kan word. Isak [16-426] trek die lyne van die kritiek op die NG Kerk

saam as hy sê: Ek wil egter glo dat apartheid die kerk in ʼn

integriteits- en geloofwaardigheidskrisis gedompel het.

Waarnemers kan die NG Kerk se skuldbelydenis oor apartheid sien as die rede vir die

geloofwaardigheidskrisis, maar juis daarin lê die Kerk se soeke na die waarheid van die

Woord. Wat in 1986 en weer in 1990 bely is, moes al lankal gebeur het in ʼn instansie

wat volgens die Woord van God leef. Gaum (1997a:53) antwoord die kritiek dat die NG

Kerk bloot die regering napraat só: “Dit is wel so dat daar in die breë gisting van

gedagtes oor samelewingsake ʼn gelyklopendheid was, ook ʼn wisselwerking, en dat op

verskillende vlakke in die Afrikaanse gemeenskap min of meer gelyktydig tot bepaalde

oortuigings gekom is.” Hy voer ook aan dat die NG Kerk die beleidstuk Kerk en

Samelewing reeds op 6 November 1989 gefinaliseer het, amper drie maande voor

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!