25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p30

word) is al so baie keer verskillend gedefinieer dat Thomas Oden (aangehaal in Mohler

1995:82) sê die term “has been pounced upon and taken captive by the followers of

certain... writers... who just about ruined the term for any useful purposes.” Lötter

(1995:37) maak Sartre se kritiek op die gebruik van die term eksistensialisme van

toepassing op die begrip postmodernisme as hy hom só aanhaal: “...the word is now so

loosely applied to so many things that it no longer means anything at all.” Tereg noem

Klopper (2006:1) dit 'n “betekenisgelaaide term wat onnadenkend en buite konteks

gebruik word...”. Dit lyk dus noodsaaklik te wees om 'n eie definisie van hierdie term te

gee soos gebruik in hierdie navorsing.

9.1.3 My eie posisie

Eerder as om te probeer om 'n voltooide definisie te vind om by aan te sluit, sal ek

eerder in aansluiting by Van den Berg (2006), my eie bakens plant om aan te dui

waarbinne ek die postmoderne paradigma wil definieer.

Van den Berg (2006:168) self kies vir vier “horison-lyne” waardeur hy sy eie pastorale

teologie wil plaas binne die postmoderne raam. Die vier aspekte wat hy kies is:

Subjektiewe integriteit, beperktheid van taal, misterie van verstaan en betekenis van

konteks. Ek bespreek vervolgens elkeen en voeg dan ook my eie bydrae by.

9.1.3.1 Subjektiewe integriteit

Een van die groot ideale van die modernisme was dié van objektiwiteit. Postmoderniteit

wys dit egter af as onhaalbaar. Strauss (2002:586) verwys hierna as die “onhoudbare

dilemma in die gangbare kennisleer.” Gerkin (1997:12) demonstreer hierdie konsep

heel prakties wanneer hy sy lesers uitnooi, en hy homself ook daartoe verbind, om eie

vorige ervarings saam te bring na die lees en skryf van die boek: “both the writer and

the reader seek to form a link between their prior experiences of care, including

pastoral care.” Dis eers wanneer ek my eie subjektiwiteit kan raaksien en erken dat dit

'n rol speel in my doen en dink, dat subjektiewe integriteit moontlik word. Nou kan ek

myself blootstel vir die ander se unieke verstaan en dis selfs moontlik dat dit my eie

verstaan kan “informeer en selfs mag wysig” (Van den Berg 2006:168).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!