25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

HOOFSTUK 1

APARTHEID ONDER DIE LOEP GENEEM

(ʼn Verhaal van aksie) 1

My verhaal, soos die van die meeste (aIle?) mense in Suid-Afrika, is ʼn

apartheidsverhaal. Dit is 'n verhaal waaroor ek skaam kry, maar dit is

ook ʼn verhaal wat meer kompleks is as wat baie van my buitelandse

luisteraars ingesien het.... Die verhaal van apartheid is 'n vernederende

verhaal. Dit is 'n verhaal van weet en van meerderwaardigheid wat

uiteindelik ge‘backfire’ het. Ons wat gedink het ons het die antwoorde

en wat neergesien het op die res van die wêreld, moes uiteindelik voel

hoe dit is om uitgekryt te word as die skuim van die aarde (Müller

2000a:20).

1. 'n Apartheidsverhaal

Wit Afrikaners kan baie verhale oor hul onlangse geskiedenis vertel, maar as hulle

eerlik wil wees moet hulle veral ook, soos Müller hierbo, ’n apartheidsverhaal vertel.

Daar was uiteraard ook verhale oor die kerk 2 en kultuur, persoonlike verhale van liefde

en barmhartigheid, maar in al die verhale was die beleid van apartheid die

onontkombare, die alles-omvattende, alles-bepalende faktor in die lewe van alle mense

in Suid-Afrika. Dit het – soos bykans geen ander saak nie – elke aspek van hul lewe

geraak.

Hierdie verhaal van apartheid is soos die vele fasette van 'n goeie diamant. Om 'n

diamant te kan waardeer, of selfs net te beskryf, vra dat dit van alle kante beskou moet

word. Die lig moet eers van alle kante af op die diamant val voordat 'n oordeel gevel

kan word. Om werklik eerlik met die verhaal van apartheid om te gaan, vra dat talle

fasette gelyktydig onder oog gehou word sonder om een of twee uit te sonder, hetsy vir

aanprysing óf kritiek. Ongelukkig val só 'n omvattende uitdaging buite die fokus van

hierdie navorsing.

1 Met verwysing na die eerste deel (action) van Müller, Van Deventer en Human (2001) se ABDCEmodel.

2 In hierdie navorsingsverslag word die term kerk gebruik om te verwys na die ekumeniese verstaan van

die Christelike kerk as die totale liggaam van Christus soos wat dit sigbaar word in die lewens van

individuele gelowiges. Die term NG Kerk of soms net Kerk (met ʼn hoofletter) verwys na die Nederduitse

Gereformeerde Kerk as denominasie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!