25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p83

seksueel-losbandige persoon. Hy was ook reeds ses keer getroud en het tans vier

vroue. Daarby word beraam dat hy twintig kinders by tien verskillende vroue het (Laing

2012:elektroniese bron). Hierdie patroon maak hom die teiken van verskillende

kunstenaars. Só hou die Goodman Galery in Johannesburg in Mei 2012 ʼn eenmanuitstalling

van Brett Murray met die titel Hail to the Thief II waarin die skilder sosiale

kritiek lewer op die ANC. Die aandag word veral getrek deur die skildery The Spear

waarin Zuma met ontblote geslagsdele uitgebeeld word en die skilder spot met Zuma

se seksuele lewe (Blignaut 2012:elektroniese bron).

Dit is nie alleen die president van die land wat dinge doen wat die wit kiesers omkrap

nie; die ANC se jeugliga is voortdurend in die nuus oor uitsprake wat as

onverantwoordelik beskryf kan word. Die president van die Jeugliga Julius Malema is

reeds etlike jare in die nuus oor sy oproep tot nasionalisering van die land se myne en

banke. Hy het openlik "ekonomiese oorlog" teen die "wit minderheid" verklaar (News24

2011:elektroniese bron). Dít tesame met sy gebruik van die slagspreuk Kill the Boer –

wat die Gelykheidshof (Lamont 2011) as haatspraak uitgewys het – maak hom tans

baie ongewild onder wit Afrikaners. Hy is sedertdien geskors as lid van die ANC

(Quintal 2012:elektroniese bron), maar daar is voortdurend stemme wat opgaan om sy

skorsing ongedaan te maak.

3.1.4 Dienslewering

Die bestuur van die land se infrastruktuur bly voortdurend onder druk. In 2008 erken

die regering dat hulle swak beplanning gelei het tot die wanbalans tussen aanvraag en

voorsiening in elektrisiteit deur Eskom (Suid-Afrika se energiekrisis 2009:elektroniese

bron). Ook die damme en riviere is jarelank reeds onder druk as gevolg van swak

bestuur (Tempelhoff 2008 en 2012). Op plaaslike vlak boesem die politici nie veel meer

vertroue in nie. Swart-beheerde munisipaliteite slaag al minder en minder in

dienslewering (Steenkamp 2009:1) en sienderoë gaan infrastruktuur en munisipale

“regspleging en orde” (Green 2011:1) agteruit. In een van Welkom se buurdorpe,

Odendaalsrus, is dit nie vreemd om beeste en varke in die nywerheidsgebied te sien

rondloop nie. Die meeste van dié diere “behoort aan onderwysers, polisielede en selfs

boere” (Green 2011:1). Selfs ʼn gerespekteerde politieke ontleder soos Moeletsi Mbeki

het hy geantwoord dat hy, nadat hy gemeenskap gehad het met die klaagster, gestort het om hom teen

die MI-virus te beskerm.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!