25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Bylaag 3: Gesprek 3 (27 Augustus 1998)

p442

510

511

512

513

514

515

516

517

518

519

520

521

522

523

524

525

526

527

528

529

530

531

532

533

534

535

536

537

538

539

540

541

542

543

544

545

546

kom ons by hierdie swart stadsklerk uit. Ons moes hom eers laat verstaan wat is 'n

estate agency. Is hier iewers in hierdie dorpie 'n eiendomsagent. As ek dan iewers 'n

gebou kan kry om te huur, dan huur ons dit. Ja, daar is een. Nou ry ons soontoe. Ons

kom daar, maak die deur oop. Die dame is agter haar lessenaar besig op die telefoon.

Nou sit ons maar en wag dat sy klaarmaak op die telefoon dan kan ons nou met haar

praat. Sy het klaar gepraat, die telefoon neergesit, na my gekyk en gesê kan ek julle

help? Oor so 'n afstand. Toe staan ons op, toe gaan staan ons voor haar lessenaar

waar daar twee stoele is. Sy het ons nou nog genooi om te sit. En sy het net met my

gepraat. Sy het nie met die swart vrou lang my gepraat nie. Toe sy ons

telefoonnommers neem om ons te skakel, sê ek maar neem gerus mev W se

telefoonnommer ook dat jy haar kan skakel want ek is baie minder op kantoor as sy. O

ja, wat is jou selfoonnommer? Ons het daar uitgestap en in die motor geklim. Toe sê

sy: meneer kyk, hierdie mense hierso moet nog 'n bietjie verander! Daar is nog mense

wat so dink.

Mike: Daai stuk wat julle gelees het, as jy nou nog met die ouer geslag praat sal hulle

sê die jonger geslag het nie vir hulle respek nie. Die mense sê die ouer geslag het

beheer oor die jonger geslag verloor, daarom dat die jeug nou so rebels is ens. Dis

niks anders as daai nie. Hierdie seun het al klaar gerebelleer omdat sy ma in die guns

van die blankes probeer bly, dis die comfort zone waarin hulle gelewe het – moenie

doen wat verkeerd is nie, dan bly jy uit die moeilikheid uit. En die kinders het daai tyd al

gesê maar ma hoekom praat jy saam met die blankes. Dit het verander oor die jare.

Nou, dink ek het die jeug 'n paar dinge aan hulle kant : skoolopleiding, die media en so

meer, en nou sê hulle, nee kyk, ons ouers was miskien die witman se vloerlap, maar

ons gaan nie wees nie. So dit kom die heeltyd terug na wat daar gebeur het, gebeur

nou nog. Nou het die jeug net gesê ons ouers was basies slapgat maar ons gaan nie

wees nie.

Albert: Hou sou jy gereageer het as jy swart was in hierdie storie? As jy Karel was in

die storie? Dis altyd my vraag. Ek dink as ons daai vraag eerlik kan antwoord sal ons

baie meer begrip hê vir wat Karel byvoorbeeld gesê het in die storie. Iets daarvan tel ek

wel op by ons blankes. Karel hier in die storie is die benadeelde en hy rebelleer teen

hierdie benadeling van homself. Ek hoor dit by my eie mense as ons praat oor

Afrikaans op TV, ons weier om TV lisensies te betaal, want hulle gee nie meer ons

programme nie. Al hierdie goeters wat ons as vanselfsprekend aanvaar het oor die jare

wat nou nie meer so vanselfsprekend is nie. Ons rebelleer soos wat ek vir Karel hoor

rebelleer in hierdie storie. Presies dieselfde ding hoor ek nou, omdat ons ten opsigte

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!