25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoofstuk 1: Apartheid onder die loep geneem

p38

word. Verskillende posisies word ondersoek om te bepaal wat hierdie waarheid

geïnformeer het. Sosiale konstruksiediskoers moedig ons aan “...to examine our

constructions and stories – how they have come to be and what their effects are on

ourselves and others” (Freedman & Combs 1996:35). Uiteraard geskied hierdie

ondersoek in die lig van die “not-knowing”-benadering (Anderson & Goolishian 1992)

waarin erken word dat elke persoon sy of haar lewe die beste ken.

9.2.2 Pastorale teorievorming

Op die gebied van die praktiese teologie het daar oor die afgelope dekade of twee

verskeie belangrike verskuiwings plaasgevind wat elkeen bepaalde invloede het op

hierdie studie. Só sê Louw (1997:22) byvoorbeeld dat die pastoraat nie bloot van 'n

individuele benadering gebruik kan maak nie, maar gedwing word om probleme

kontekstueel te benader. Graham (1992:19) steun 'n psigosistemiese benadering in

pastorale sorg: “The nature of the human personality is understood in contextual rather

than individualistic terms.”

Oor jare is baie gemaak van individue se persoonlike bronne vir probleemoplossing,

eie onafhanklike prestasies en selfrealisering. Hierteenoor is daar tans 'n verskuiwing in

die rigting van die psigosistemiese dinamika waar klem gelê word op die netwerk van

verbintenisse en strukture binne 'n sosiale en kulturele konteks. In hierdie

“ekosistemiese denke” (Louw 1997:22) word gepoog om die probleem nie net binne

konteks te verstaan nie, maar om die geheel self te verstaan.

Prakties beteken dit 'n herwaardering van die kerk as liggaam van Christus as 'n

geloofsnetwerk wat verantwoordelik is vir onderlinge sorg vir mekaar en 'n wedersydse

positiewe invloed. Hierdie onderlinge sorg word in die Bybel aangedui met die Griekse

woord koinonia. In die navorsingsproses het dit sigbaar geword in die mede-navorsers

wat as gelowiges na mekaar omgesien het deur mekaar se stories aan te hoor, maar

ook deur mekaar uit te daag in terme van hulle eie verstaan van die Bybelse boodskap.

Die tweede belangrike verskuiwing is 'n paradigmatiese verskuiwing. Paradigma

verwys hier na die geheel van opvattings, waardes en tegnieke wat deur mense vanuit

'n ondersoekposisie hanteer word. Burton (1988:9) beskryf 'n paradigma as “a

theoretical and working model of a world view according to which a person, group or

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!