25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p238

current system and that government orchestrated a systemic purge of

the public service to make room for postapartheid appointees after 1994.

In fact, during the negotiated transition the ‘Sunset Clauses’ crafted by

Joe Slovo meant that apartheid-regime civil servants – black and white –

were able to work out their contracts and stay on in the new government

if appointed by vocation. Members of the ‘old guard’ who left of their own

volition received handsome severance packages. These ‘golden

handshakes’ appear to have been quickly forgotten.”

Dit is een ding om te praat oor iets soos regstellende aksie, maar as dit jou aan die lyf

raak, begin jy anders daaroor dink. In 1998 was dit veral Danie en Isak wat gepraat het

oor die effek van regstellende aksie in hulle werksomgewing. Danie [1-767] voer aan

dat sy werkgewer, ʼn semi-staatsinstelling, reeds vir jare besig was met regstellende

aksie: Die regstellende aksies het my ook reggesien, dit was vir

my ʼn geweldige traumatiese ervaring gewees.... Later vertel hy dat sy

hoof ʼn regstellende man is met wie hy uitstekend oor die weg kom [Danie

4-068]. Sy filosofie hieroor verwoord hy so:

Ek dink ons sit met mense, ons moet ophou om in

kleur vas te kyk. Dit is vir my belangrik. As ons

daardie bruggie kan oorkom, dan dink ek gaan ons

baie ver kom met mekaar. Dit het met ons gebeur. Ek

werk nou al van 1976 saam met anderskleuriges, ek is

nou al gewoond daaraan om hom of haar as jou gelyke

te sien [Danie 4-074].

In die veertien jaar voor die opvolgnavorsing het Danie se gesindheid hieroor dramaties

verander. In sy vertelling slaan ʼn bitterheid deur wat nie daar was in 1998 nie. Dit kom

in verskillende dele van die gesprek na vore. Hy aanvaar byvoorbeeld daar is geen

bevorderingsmoontlikhede vir die blankes nie [Danie 13-116]. Sedert

1996 het hy nog nooit weer bevordering gekry nie ten spyte van sy genoegsame

kwalifikasies [13-105]. Hy vertel dat sy werk ʼn kwessie van oorlewing is [13-042] en dat

die swart mense die wit mense niks gun nie [13-024]. Vir hom is die hele saak bloot

een van omgekeerde diskriminasie [13-022]. Hy vat dit saam: Ons sit hier

met van my kollegas wat dit baie moeilik maak, jy weet. Dit is

baie sleg [Danie 13-126].

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!