25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p324

intended) is nie.

Die NG Kerk skram dikwels weg van hierdie kwessie (soos ons gesien het oor die

reuse) omdat dit klaarblyklik vir veral die ouer lidmate ʼn ongemaklike tema is. Die jeug

is egter blykbaar gereed en begerig om oor die nalatenskap van apartheid te praat: “the

first generation of post-Apartheid children is facing unique challenges, which in youth

ministry we will need to reflect on… it remain relevant for the children of the

perpetrators, even though they were not responsible for the past which bestowed this

upon them” (Van Wyngaard 2011:elektroniese bron).

Alexander se opmerking aan die begin van hierdie afdeling dat die leiers ʼn groot taak

het ten opsigte van die volgende geslag word beaam deur Van Wyngaard

(2010a:elektroniese bron) as hy wonder of die NG Kerk nie meer geleenthede moet

bied vir jongmense om te praat oor die verlede nie.

Ek wil oor Apartheid praat. En as ek wil, dan wonder ek wie nog wil. En

ek wonder of ʼn deel van jeugbediening in die NG Kerk nie moet wees

om ʼn nuwe generasie te help om eerlik te kan praat oor Apartheid nie.

Sonder belangrike stemme wat vir hulle sê: “los die verlede in die

verlede”. Sonder belangrike stemme wat sê hulle (ons) mag nie

herinterpreteer nie. Maar saam met die belangrike stemme wat vir ons

sê: “bring ʼn eie verstaan van ons verlede na die tafel toe, al was julle

nie daar nie”. Ek wil. Mag ek maar?

Ook buite die NG Kerk is daar positiewe klanke te hoor van die jeug se kant. Die

fotograaf Roelof Petrus van Wyk (aangehaal in Cloete 2012:elektroniese bron) begin ʼn

fotoprojek “oor hoe dit is om wit te wees in Afrika. Hoe om ’n wit ‘African’ te wees met

die geskiedenis van die Afrikaner as jou bagasie.” En anders as van die medenavorsers

en ouer lidmate van die NG Kerk sê hy dan: “...ek het agtergekom dat

mense op ’n baie positiewe manier daarmee begin deal (sic).”

As Van Wyk oor jong Afrikaners praat, “gaan dit nie net oor tieners of twintig-jariges

nie. Dit gaan oor ons groep mense – die jongste generasie van 360 jaar se hier-wees.”

Oor homself en oor hierdie groep skryf hy (aangehaal in Cloete 2012:elektroniese

bron):

Ek sê altyd vir mense: I’m not African. I’m an African. Met ander

woorde, ek is in Suid-Afrika, 12 generasies hier begrawe, ek behoort

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!