25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 4: Die verhaal oor apartheid – teenswoordige tyd

p203

Op Facebook 33 was daar ook ʼn hewige reaksie op ʼn status update van Ken Sinclair

waarin sy frustrasie met die gedrag van sy medestudente aan die Kaapstadse

Tegnikon oorkook in erge rassistiese taal:

Seriously, seriously, seriously, had enough of the blacks in this country.

Arrogant f***ing swines, and I will make it my facebook status because

I want them all to know. You are all f**k all without whites, you would

still be in your little mud huts. Go on as if we owe you everything, we

owe you shit! Expect everything for nothing and have the biggest

attitudes I have ever come across (Mnguni 2012:elektroniese bron).

Dit het ʼn hele ruk geneem voordat iemand vir Sinclair aangespreek het oor sy

veralgemenings en rassistiese taalgebruik. ʼn Hele aantal van sy vriende het eers

ondersteunend gereageer op sy aanvanklike opmerking. Die twee modelle het ook

ondersteuners sowel as teenstaanders gehad. Dit laat die vraag ontstaan of hulle

werklik die uitsonderings was. Is hulle dalk bloot uitgevang terwyl daar baie ander is

wat soortgelyke standpunte huldig? Is rassisme nie dalk meer algemeen nie? Op

hierdie vraag antwoord die assistent-afrigter van die nasionale krieketspan Vincent

Barnes as volg:

The majority of South Africans are living their lives in much the same

way as they did under apartheid. White people still refuse to share the

things they had under apartheid. At least things are easier with the

younger generation. They are brought up together... They go to school

together and the play sport together. But the adults remain racist

(Fisher 2007:96).

Laat in 2010 was daar ʼn groot gefladder in die duiwehok na ʼn onderhoud wat Hanlie

Retief van Rapport met die Afrikaanse skrywer Annelie Botes gevoer het. Tydens die

onderhoud het Botes gesê “Ek hou nie van swart mense nie” en “Ek verstáán hulle nie!”

(Retief 2010:elektroniese bron). Hierdie uitsprake het reaksie van verskillende kante af

ontlok. Sommige het haar volledig gesteun terwyl ander haar veroordeel het. Een van

die eerste reaksies op Rapport se webblad was dié van vlooi (skuilnaam) wat skryf:

Heng, die tannie mag maar namens my praat. Dankie Annelie Botes,

dat jy uiteindelik opstaan en sê wat al lankal gesê moes word. Jy het

meer guts as al ons leiers tesame, verlede en hede, wit en swart. Wil jy

33 Facebook is ʼn sosiale netwerk diens wat sedert 2004 bedryf word. Gebruikers registreer en skep ʼn

persoonlike profiel waarna hulle boodskappe en foto’s met vriende kan uitruil.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!