25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p112

2002:45). Volgens haar is 'n getuie iemand wat iets waarneem of beleef en dan later

daarvan vertel. In die apartheidskonteks, soos in hierdie navorsing bedoel, sê sy 'n

“witness is created... when a person observes the actions of a perpetrator (or a system)

on a victim" (Weingarten 2002:45). In terme van hierdie definisie is elke mens in Suid-

Afrika 'n getuie, elk vanuit 'n eie perspektief. Die mede-navorsers voldoen uiteraard

volledig aan hierdie definisie.

Weingarten voer aan dat alle getuienis gelewer word in 'n konteks van mag en kennis

of die gebrek daaraan. 'n Persoon kan getuig met of sonder kennis of bewustheid, en in

'n bemagtigde of ontmagtigde situasie ten opsigte van die saak waaroor getuig word.

Sy karteer dan alle getuies op die twee asse van kennis en mag. Skematiese stel sy dit

voor met 'n blok met vier kwadrante rondom die kruispunt van hierdie twee asse. Elke

kwadrant verteenwoordig 'n ander posisie waarin die getuies hulleself sou kon bevind

op verskillende tye en in verskillende situasies. 'n Persoon kan ook oor tyd van een

kwadrant na 'n ander skuif ten opsigte van dieselfde situasie.

Die kwadrant links bo verteenwoordig die getuie wat bewus en bemagtig is. In die skets

hieronder is hierdie blok nie ingekleur nie. Die kwadrant links onder verteenwoordig die

getuie wat wel bewus was, maar ontmagtig. In die skets word dit voorgestel deur die

blok wat met skuinsstrepe na onder ingekleur is. Die kwadrant regs bo (in die skets

aangedui deur die blok wat met skuinsstrepe na bo ingekleur is) verteenwoordig die

bemagtigde, maar onbewuste getuie. Die laaste kwadrant, regs onder, verteenwoordig

die onbewuste en ontmagtigde getuie en word voorgestel deur oorkruis skuinsstrepe.

In die skets gebruik ek verskillende kruisstrepe om die verskillende kwadrante mee te

identifiseer terwyl Weingarten gebruik maak van die kleure van 'n verkeerslig in haar

benoeming van die kwadrante: Links bo is groen, links onder is geel en regs bo is rooi.

Die laaste kwadrant regs onder is swart.

Weingarten se “topology of witnessing” kan grafies as volg voorgestel word:

Bewus

Onbewus

Bemagtig - Groen - - Rooi -

Ontmagtig - Geel - - Swart -

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!