25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 5: Die post-apartheid verhaal?

p293

(Büchner 2012:elektroniese bron), het positief hierop gereageer. In ʼn onderhoud met

Gaum (2011:18) beskryf die koerantredakteur Tim du Plessis die rol van die kerk só:

Die Afrikaanse kerke doen nie meer politiek soos in die ou dae nie.

Hulle is nou terug by die kernrol wat kerke in die samelewing moet

vervul, en dit it reg. As die Afrikaanse kerke hulle geroepe voel om ʼn

profetiese stem te laat hoor, doen hulle dit saam met die breë

religieuse gemeenskap. Soos dit hoort. In die breë Afrikaanse

gemeenskap is die Afrikaanse kerke moreelbouers en ankerpunte vir

stabiliteit en moraliteit in ʼn wêreld in beroering.

Ongelukkig is die Kerk ook deel van hierdie gebroke werklikheid. Die patrone van die

verlede word nie so gou ontglip nie. Een hiervan is rassisme.

6.4 Die Kerk sukkel steeds

Uit die navorsing is dit duidelik dat ʼn groot aantal van die mede-navorsers – en ander

wit mense – hulself nie as rassisties beskou nie. Dit is egter ewe waar dat baie

opmerkings en uitdrukkings ʼn onderliggende rassisme verklap. Hieroor tree Nico Smith

(2010b:14) met Kerkbode se redakteur, Anton Pienaar, in gesprek. Pienaar (2010a:9)

vra waarom die VGK die NGK as rassisties beskou. Smith antwoord deur te vertel van

ʼn ondersoek wat hy in die Vrystaat gedoen het oor die skeuring in VGK gemeentes. “In

die 14 gemeentes wat ek besoek het, was in al die gemeentes van die VGK die

plaaslike NG gemeentes aangewys as medeverantwoordelik vir die skeuring.” Hy wys

ook op die houding van NG Kerk leiers wat as paternalisties en neerbuigend beleef is.

Pienaar (2010b:14) antwoord die besware deur aan te voer dat dit nie sy

“gewaarwording” is dat die kerk “nog rassisties is nie” en “dat die kerk rassisme

agtergelaat het, en dat die kerk spyt is oor sy onderskrywing van die rassisties

gebaseerde politieke bestel van apartheid.” Hy gee egter toe dat daar “nog rassiste in

die NG Kerk is, en in die VG Kerk.”

Hieroor sou Weingarten (2000) waarskynlik aanvoer dat wit mense wel bewus is van

die voortgaande rassisme en dat hulle in staat is om iets daaraan te doen. Hulle is dus

volledig in die groen kwadrant. Die pogings tot ontkenning van hierdie rassisme plaas

hulle egter in die rooi kwadrant waar hulle aanvoer dat hulle nie bewus is van so iets

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!