25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 5: Gesprek 5 (6 Oktober 1998)

p488

513

514

515

516

517

518

519

520

521

522

523

524

525

526

527

528

529

530

531

532

533

534

535

536

537

538

539

540

541

542

543

544

545

546

547

548

549

gesindheid betref. Johan, jy het nog min gesê. Is jy tevrede? Moet ons jou kans gee

om iets te sê?

Johan: Hier word so baie dinge gesê waarmee ek myself vereenselwig, dit is net bloot

die aanvaarding van ons skuld, dit wat ons moreel skuldig voel, ons as groep – want ek

dink nie een van ons het iets doelbewus gedoen nie, 'n mes uitgehaal en iemand

gesteek nie, en daai tipe goed, so morele skuld – maar die aanvaarding daarvan lê nou

buite ons, en dis nou weer waar 'n opmerking soos daai De Castro kom, waar

opmerking van ANC leiers kom. Hulle gaan nie tevrede wees voor die laaste stukkie

bloed uit ons as blankes of Afrikaners uitgetap het nie. Aan die ander kant het ek ook

nou al begin agterkom: Hier is van jou gemiddelde swartman wat nou al amper jammer

begin voel vir ons blankes omdat ons so gery word. En dit is 'n feit. Die aanvaarding

van die skuld lê buite ons, lê verder as ons en al gee jy nou wat gaan daar iemand

wees wat nie tevrede gaan wees nie. Want daar is die radikales, soos waarskynlik die

meneer van die Wêreldraad van Kerke. En dit is wat ek wil weet, waar gaan dit ophou,

is my skulderkenning van die laaste paar jare, wanneer gaan dit genoeg wees?

Frans: Die vrugte van die apartheidsbekering is moeiliker vir die individu as vir party

van ons wat daagliks met dié mense kontak het. Die ander sy van die saak is, ons sal

nie regtig weet hoe daai ou wat oorkant die straat bly, wat tot die besef kom dat hy het

'n fout gemaak, al sien jy dit nie, ons weet nie hoe hanteer hy die Martha’s of

Benjamin’s wat vir hom werk nie. 'n Interessante ding, toe hierdie vier direkteure nou

aangestel is by die Raad, het hulle onder andere vir 'n persoon wat aansoek gedoen

het 'n vraag gevra, hoe tree jy op teenoor jou huisbediendes, hoe spreek hulle jou aan.

Toe vra hulle die vraag, noem hulle jou op die naam of meneer of mevrou? Wat is die

situasie? Toe sê hy nee, Martha sê nog steeds baas en so. Toe sê hulle vir hom met

ander woorde jy hang nog aan apartheid, jy is nog 'n rassis. Daai ou het nie die werk

gekry nie. 'n Ander ou het weer vir my gesê, en dit het my nogal geraak, toe ons deur

die prosesse van skuldbelydenis gegaan het, het hy die swartes wat vir hom gewerk

het ingeroep – en dit is die goed wat nie sigbaar is na buite toe nie – en vir hulle gesê

luister ons is nou in 'n nuwe era, my naam is sê maar Frans en Elsa, julle hoef nie

meer baas en miesies te sê nie; alternatiewelik kan julle sê meneer of mevrou. Hulle

het die aanspreekvorm meneer en mevrou verkies, en dit het my geraak. Maar dit pla

ons, ek en Elsa praat daaroor, ek kan nie dink dat Martha vir my moet Frans noem nie,

dit nog iets waarmee ek moet worstel, daar is tog mense waarvan ek weet, wat dit

werklik gedoen het, wat gesê het kom ons vat die baas en die miesies storie weg.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!