25.12.2013 Views

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

LEWE NA APARTHEID: LIDMATE SE NARRATIEWE VANUIT 'N ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 2: Die oorsprong van die apartheidsverhaal

p98

Sinode hom egter in 1964 sterk uitspreek teen die blad en “ampsdraers en lidmate vra

om hulle van die blad te distansieer” (Gaum 1997a:21) was dit die begin van die einde.

Die Christelike Instituut – ʼn “poging om Christene saam te laat besin, spreek en bid en

om hulle eenheid te demonstreer” (Gaum 1997a:21) – is in 1963 gestig, maar die

Algemene Sinode van 1966 het dit as dwaalleer verdoem en daarmee ook sy invloed in

die NG Kerk beëindig. Dit was duidelik dat die NG Kerk vir apartheid gekies het en nie

enigiets anders wou hoor nie.

Of daar werklik veel besinning oor rassesake in die NG Kerk in die tyd na Cottesloe tot

en met die verskyning van Ras, volk en nasie in 1974 was, is te betwyfel. Bloot die feit

dat Gaum (1997a) slegs twaalf reëls wy aan meer as ʼn dekade van die NG Kerk se reis

met apartheid, is genoeg aanduiding daarvan. Wat in daardie tyd gebeur het, was

waarskynlik maar net ʼn voortsetting van die gevestigde praktyk. Die NG Kerk was op

daardie stadium klaarblyklik heel tevrede met sy standpunt oor rassekwessies ten

spyte van vele stemme wat opgegaan het vir ʼn verandering.

In 1979 en veral in die jare tagtig was daar uit verskeie oorde druk op die NG Kerk om

sy steun vir apartheid te heroorweeg. Soos jare later weer die geval sou wees, die keer

met die Belydenis van Belhar, is dit die Sinode van Wes-Kaapland wat die eerste is om

die manmoedige tree te gee en te besluit “dat alle rassediskriminasie... strydig met die

Bybelboodskap is” (aangehaal in Gaum 1997a:28). ʼn Jaar later skryf die NG

Sendingkerk in sy amptelike lyfblad, Die Ligdraer, dat al dink die NG Kerk dat apartheid

die enigste oplossing vir die land is, dit deur swart en bruin lidmate “by al die voordele

wat dit gebring het, as uiters verdrukkend ervaar word” (aangehaal in Gaum 1997a:29).

Later in 1980 publiseer agt prominente teoloë hulle Hervormingsdag-getuienis (Die

Kerkbode 1980:605) wat “solidariteit met almal wat deur onregverdige sosiale praktyke,

ekonomiese wanverhoudinge en die lyding as gevolg van politieke maatreëls geraak is,

bepleit” (Kruger & Hofmeyr 2009a:139). Hierdie getuienis word ʼn paar maande later

opgevolg deur Storm-kompas (Smith, Geldenhuys & Meiring 1981) “wat die NG Kerk

se onverskilligheid teenoor duisende swart mense se ellende uitgewys het” (Kruger &

Hofmeyr 2009a:139). Van die uitsprake in die boek, soos “Die handelinge van die Suid-

Afrikaanse regering met betrekking tot bevolkings-verhoudinge gedurende die afgelope

twee en dertig jaar moet in groot mate op die rekening van die Afrikaner en sy kerk

[hulle kursivering] geplaas word” (Smith, Geldenhuys & Meiring 1981:139), het bygedra

tot die storm wat die boek ontketen het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!